Lugtydboef ‘kry sy eie medisyne’
Die lugtydboef, wat organisasies en besighede inloop, het so bietjie van sy eie medisyne geproe!
Hy het Dinsdag probeer om me. Zillika Lötter (voorsitter, Mid Hartklop) in te loop, maar hulle het deur sy slinksheid gesien.
“Ons het hom vir meer as ’n uur op sy foon besig gehou, sodat sy eie lugtyd uitgeloop het. Daarna het ons vir hom ou lugtyd kodes gegee waarmee hy niks kon doen nie,” het sy laggend gesê.
Sy is egter vies omdat hy hom nou toespits op organisasies, soos Mid Hartklop, wat werklik hulp nodig het om arm gesinne te help.
Me. Lötter sê mnr. Ruan van der Merwe (takbestuurder, Hinterland) het haar gekontak en gesê dat daar ’n boer is wat ’n skenking wil maak en die nommer vir haar gegee.
Lees ook: Boef kry gebed in plaas van beltyd
Hy het nie dadelik geantwoord toe sy bel nie en hy het haar teruggebel.
Die “boer” het hom voorgestel as Neels Viljoen van De Jagersfonteinplaas, wat op die Loskopdampad geleë is. Hy het ook gemeld dat sy vrou se naam Elsie is.
Me. Lötter het aanvanklik geen onraad vermoed nie, aangesien hy na “’n vriendelike omie” geklink het en hy baie belangstellend was oor die organisasie se werksaamhede.
Sy het egter vermoed iets is fout, toe hy begin uitbrei oor wat hy vir die organisasie wil skenk.
“Hy wou drie ton beesvleis, ’n skaap, twee varke en 80 liter melk skenk. Die melk sou hy kwansuis in vaatjies vir ons gee, wat ons baie mooi moet oppas, want hy sou dit later kom haal.”
Lees ook: Lugtyd bedrieër probeer Hospice indoen
Sy en haar man (hy het ook op ’n stadium met hom gepraat) het begin saamspeel en gesê hulle sal dadelik vir “André” stuur om die skenking te kom haal.
Kort daarna het hy weer gebel en gevra dat as “Andre” kom hy vir hom drie R75 lugtydstrokies moet koop en dat hy die geld sal gee as hy op die plaas kom. Hy het ook gevra dat hulle vir hom die lugtydkodes moet aanstuur.
Net daar het hulle besef hul vermoedens is reg en het aangehou klets. Hy was só opgewonde toe hy dink dat hulle vir hom die lugtyd gaan koop, “dat hy selfs beloof het dat hy vir ons biltong sal stuur!”
Nadat hulle vir bykans ’n uur met hom gepraat en die verkeerde kodes gegee het, het hulle afgelui “en ons het nog nie weer van hom gehoor nie.”
- Me. Lötter wil egter al die ander organisasies in die dorp waarsku, aangesien dit die derde keer is dat hy een van Mid Hartklop se lede gekontak het vir lugtyd.
Die eerste keer het hy weggekom daarmee, maar daarna het hulle deur sy slimstories gesien. Wat haar egter bekommer, is dat hy aan die begin uitgevra het oor die sopkombuis en ander organisasies op die dorp. “Dit beteken dat hy presies weet watter organisasies daar is en hul nood gaan uitbuit.”
- Lugtydboewe is al vir jare doenig in Middelburg.
- Talle inwoners, besigheidslui en organisasies van Middelburg en die omliggende buurdorpe was al die slagoffer van dié lugtydslenter. In bykans al die gevalle doen die persoon hom voor as ’n boer wat iets wil skenk.
Verlede jaar het hy vir onder andere me. Dawn van Baalen (voorsitter, Middelburg Mannaprojek) en eerwaarde Kokkie Smit probeer inloop. Lees ook: Lugtydboef maak al meer mense die Dawner in Sy het gou deur hom gesien en eerwaarde Smit het vir die boef begin bid toe hy besef wat aan die gang is. Die boef het ook al die Hospicevereniging gebel vir ’n kamtige skenking om lugtyd te probeer kry.
- ’n Ander keer het hy hamburgers by ’n besigheid bestel en hulle uit lugtyd uit gekul, waarop die hamburgers vir arm kinders geskenk is.
- Dit blyk dat hy advertensies en berigte in die koerante dophou, want daar was selfs ’n keer wat hy ’n lid van die herpetologiese vereniging gekontak het om ’n mamba op sy plaas te vang. Natuurlik het hy ook gevra vir lugtyd.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
