News
Hael veroorsaak ongelukke op N4
Weens 'n hewige haelstorm omstreeks 13:00 op die N4 net buite Middelburg, het talle voertuie gegly en was daar drie ongelukke tussen die Middelburgdam en Alzu Petroport.
Weens ‘n hewige haelstorm omstreeks 13:00 vanmiddag op die N4 net buite Middelburg, het talle voertuie gegly en was daar drie ongelukke tussen die Middelburgdam en Alzu Petroport. 
Irma Green (Nasionale groepredakteur, Caxton koerante) was midde in die storm en het laat weet dat daar drie ongelukke binne ‘n afstand van een kilometer was. 
Motoriste is op verskeie noodgroepe gewaarsku om versigtig te ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
