News

Kinders steel honde

Laerskoolkinders steel honde wat hulle vir sakgeld verkoop en is na alle waarskynlikheid ook informante vir inbrekers.

Laerskoolkinders steel honde wat hulle vir sakgeld verkoop en is na alle waarskynlikheid ook informante vir inbrekers.

Mnr. Johan Lensley het die afgelope tyd opgemerk dat talle mense kla dat hul honde verdwyn en ook ’n toename in hondevergiftigings en inbrake gesien.

Dit het hom laat besluit om te vertel wat onlangs by hul huis in Cowen Ntulistraat (Gholfsig) gebeur het.

Hul jong hondjie het verlede jaar in Oktober verdwyn en hulle het in die omgewing begin soek.

Drie dae later het een van die inwoners in die straat vir hom vertel dat munisipale werkers kinders verjaag het, wat ’n jong hondjie deur ’n palissade heining probeer trek het.

Kort daarna het mnr. Lensley die twee kinders, so tussen 10 en 11 jaar, op die sypaadjie gesien en hulle uitgevra.

Terwyl hulle met hom gepraat het, het hulle erken dat hulle ook sy hondjie gesteel het deur hom na die heining te roep.

Hulle het vir hom gaan wys waar hulle die hondjie aan iemand verkoop het.

Dit was goed opgevoede kinders wat baie goeie Engels praat. “Ek het vir hulle gebid en hulle berispe en gesê dat hulle eendag in die tronk gaan beland as hulle so aanhou.”

Hy het nie weer die kinders in hul area gesien nie, maar daar is van die bure wat hulle gereeld voorheen op die sypaadjies opgemerk het. “Ek glo hulle was informante vir misdadigers. Alhoewel hulle nie meer hier gesien word nie, hoop ek nie hulle is nou in ander areas bedrywig nie.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button