News

Sosiale media monster hap seer besef Kiki

Op dieselfde tyd wat die Middelburg Observer op straat was met sy voorbladberig oor “Kiki” se skaamtelose gedrag op Tik Tok, het sy op sosiale media vir “die hele Suid-Afrika” verskoning gevra.

Op dieselfde tyd wat die Middelburg Observer op straat was met sy voorbladberig oor “Kiki” se skaamtelose gedrag op Tik Tok, het sy op sosiale media vir “die hele Suid-Afrika” verskoning gevra.

Talle van haar aanhangers was geskok oor kru-aanmerkings oor onder meer molestering wat sy tydens ’n direkte uitsending op Tik Tok gemaak het.

’n Mens kon op die uitsending drankbottels in die agtergrond sien en daar was duidelik ’n partytjie aan die gang. Daar is ook lasterlike woorde gebruik.

“Kiki” se man het gisteroggend verskoning gemaak vir haar gedrag en ook aangedui dat sy self verskoning sal maak. Sy het gister op sosiale media ’n video geplaas waar sy “vir die publiek en die hele Suid-Afrika”, verskoning gevra het vir haar gedrag.

“Dit wat ek gesê het is gemeen. Ek het regtigwaar uiters gemene, onbeskofte taal gebruik en uitlatings gemaak op live streams.”

In haar verskoning het sy ook gesê “dat dit nie uit my hart uit gekom het nie.” Sy sê dat sy onder geweldige druk was vanaf die grendelstaat begin het. “Ek dink ek het uitlating gegee aan my seer, my stres en my probleme en my vergryp aan drank.”

Kiki het gemeld dat dit nie ’n verskoning is vir wat sy gesê het nie. “Dit wat ek gesê het oor molestering, is onder geen omstandighede ooit, ooit aanvaarbaar nie. Ek staan teen gender based violence. Ek het al hoeveel mense deur dit gehelp en daar disappoint ek mense wat deur dit is.”

In haar verskoning sê sy ook: “ek vra nederig omverskoning vir elke wond wat ek oopgekrap het. Dit was glad nie my intensies nie. Dit wat ek gesê het, was nie my bedoeling nie.”

Volgens haar “was ek buite myself. Ek sal in my nugter stand in my lewe nooit daai woorde gebruik of enige uitlatings maak oor gender based violence nie of dit goedkeur nie, wat nog te sê van molestering nie!”

‘Sy gaan voort deur te sê: “Die goeters wat ek gesê het het nie net die mense wat victims is daarvan geraak nie, dit het my eie familie geraak.

“Die feit dat ek vergalgemeen het deur te sê ‘ons almal se pa’s’, het my pa baie seer gemaak. Die ergste van alles is dat ek hom seergemaak het en dat hy nog al die jare net goed was vir my. Nog nooit iets slegs of hurtful aan my gedoen het nie. As hy my kan vergewe.”

In die opname van meer as ses minute word ook die volgende gesê: “Die mense wat my ken, weet hoe my hart is. Dit wat ek teenoor die Bezuidenhouts gesê het en ons persoonlike issues publiek gemaak het, was nie reg van my nie, ek vra verskoning vir dit.

“Waar die goed wat ek gesê het vandaan gekom het, is completely absurd. Ek het baie mense seergemaak.

“Ek het die laaste ruk heeltemal vergeet hoeveel kinders op die App is, ek het uit ’n plek van seer en onkunde, ewe skielik, in ’n plek van stres en uitbarsting, goed gedoen en gesê wat nie ek is nie. Ek vra nederig omverskoning.

“Die skade wat ek aangerig het en die wonde wat ek oopgekrap het, voel of ek dit veroorsaak het. Dit voel of ek iemand vermoor het.

“Die kruisigings wat ek kry, verdien ek. Vir elke mens wat al ooit deur dit is, my innige simpatie.

“As jy ooit hulp nodig het, sal ons daar wees vir jou en die skade en wonde wat ek oopgekrap het, wil toeplak en toepleister en help genees.

“Want ons is daar om mekaar op te lig, maar mens vergeet vinnig dat sosiale media in ’n groot monster kan verander.

“Sosiale media kan mens se lewe verwoes. Maar ek gaan my platform gebruik vir opbouing, positiwiteit, en van hier af gaan dit net beter gaan.”

Sy het haar man en kinders bedank vir hul ondersteuning en weer jammer gesê vir die fout wat sy gemaak het.

Kiki het afgesluit met: “Ek kry wat ek verdien.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button