News

Steeds geen woord oor nuwe burgemeester

Die verkiesing van ’n nuwe burgemeester hang nog in die lug en teen Dinsdag was daar nog geen teken wanneer ’n spesiale raadsitting gehou sal word om ’n nuwe burgemeester in te stem nie.

Die verkiesing van ’n nuwe burgemeester hang nog in die lug en teen Dinsdag was daar nog geen teken wanneer ’n spesiale raadsitting gehou sal word om ’n nuwe burgemeester in te stem nie.

Opposisiepartye sê die besluit oor wie die nuwe burgemeester gaan wees, berus by die ANC wat reeds drie kandidate, mnr. Philile Nkosi, me. Beauty Simelane en mnr. Diphale Motsepe, gekortlys het.

Mnr. Philile Nkosi.

Net mnr. Motsepe is nog in die raad waar hy dien op die burgemeesterskomiteelid van wyle burgemeester Bagudi Tolo, wat na meer as ’n maand in die hospitaal na opname op 29 Desember, aan Covid-19 verwante oorsake gesterf het.

Sodra die ANC se provinsiale uitvoerende komitee op ’n kandidaat buite die raad besluit het, sal die Onafhanklike Verkiesings Kommissie eers die kandidaat as raadslid moet bevestig voordat die raad die nominasie sal bekragtig.

Beide mnr. Nkosi en me. Simelane was voormalige raadslede met mnr. Nkosi wat op eks-burgemeester Mike Masina se komitee gedien het.
Mnr. Masina het ook sy beskikbaarheid bevestig, maar die skeuring tussen hom en die ANC Nkangala streekbestuur, is op die korttermyn onoplosbaar en ’n hindernis vir sy politieke loopbaan.

Mnr. Enos Sebesho, koukusleier van die EFF sê die party glo dat die ANC ’n “buiteperd” sal inbring as proporsionele raadslid.
Met die dood van burgemeester Tolo het sy burgemeesterskomitee ook weggeval en word ANC raadslede vir seremoniële doeleindes aangewys om amptelik namens die party op te tree in ’n leierskapshoedanigheid.

Administratief staan munisipale bestuurder mnr. Bheki Khenisa steeds aan die hoof.

Die ANC se provinsiale leierskap het verlede Woensdag gesit om kandidate te oorweeg.

’n Burgemeesterkandidaat is egter nog nie deur die ANC streeksbestuur aanvaar en na die Steve Tswhete ANC koukus vir oorweging verwys nie, is bevestig.
’n Aankondiging word teen die einde van die week verwag.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button