Geen taal of tyding oor vermiste blondine
Bykans ’n week het verloop sedert ’n blondekop vrou verlede Woensdag digby die Alzu russtop op die N4 ontvoer is.
Sedertdien was daar nog geen taal of tyding van wie die vrou is, en wat met haar gebeur het nie.
Sy is omstreeks 11:00, volgens ooggetuie Rudi Combrink, aan haar hare uit ’n groen Golf gepluk en brutaal aangerand. Daarna is sy aan haar hare op die agterstiplek van die Golf gegooi, voordat vier mans, van hulle in ’n wit bakkie, met die vrou in Middelburg se rigting gejaag het.
Mnr. Combrink het agterna gejaag, maar die veoertuie was te vinnig vir sy bakkie.
’n Golf is later op die ou Belfastpad deur pardwerkers opgemerk en ’n reusesoektog is in die area uitgebrei, tot in Belfast, Carolina, Hendrina en Dullstroom.
Die soektog kon egter ook geen inligting oplewer nie.
Die polisie van Belfast en Middelburg sê dat daar nog geen vermiste persone wat die vrou se beskrywing pas, aangemeld is nie. Dit is ook nie duidelik of die vrou in haar eie kar ontvoer, of saam met die mans gery het nie.
Www.mobserver.co.za is ook nog deur geen familielede van vermiste persone genader nie, hoewel daar steeds baie navrae is.
Lees ook:
Soektog na ontvoerde vrou kring uit na Hendrina, Belfast, Dullstroom
Vrou naby Alzu russtop op N4 aangerand, ontvoer
Groen Golf jaag teen hoë spoed op ou Belfastpad sê padwerkers
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
