News

Ma kry foto’s waar dogter dood op ongelukstoneel lê

By ’n tafeltjie by Roco Mamas in die Middelburg Mall vertel ’n egpaar van die geweldige skok toe hulle met ’n sms in kennis gestel is van ’n geliefde dogter wat in ’n motorfietsongeluk net buite Belfast gesterf het.

“Ons het ’n boodskap gekry dat Krysten oorlede is en in die Belfast lykshuis lê. Daarna het ons foto’s gekry van haar waar sy dood op die toneel lê van Krugersdorp inwoners af, wat dit ook gekry het. Die foto’s is op noodgroepe gedeel!” het mnr. Divan Snyman omgekrap gesê, terwyl hy sy verloofde (die dogter se ma, wat anoniem wil bly) se hand styf vashou.

Die egpaar het op pad terug Gauteng toe, in Middelburg gestop om my te ontmoet, om van die traumatiese gebeure te vertel. Krysten Butcher (22) is Maandag omstreeks 12:15 opslag dood in die motorfietsongeluk sowat 15km buite Belfast op die Dullstroompad.

Die ongelukstoneel Maandagmiddag. Krysten Butcher het op die toneel gesterf en Ollie (Evert) Coetzer is met ’n helikopter na die Witbank Provinsiale Hospitaal afgevoer.

Hulle het later verneem dat Krysten se vriend, Ollie (Evert) Coetzer (25), beheer verloor het oor die motorfiets en ’n Audi getref het. Krysten is op die toneel dood verklaar en Ollie is per Netcare helikopter opgepik.

“Die oomblik toe ons van haar dood verneem, het ons hospitale begin bel met die hoop dat dit nie waar kan wees nie. Ons het die hele tyd op die pad steeds gehoop dat dit nie sy is nie.”

Hulle is vanoggend na die toneel met die hoop dat hulle antwoorde kon kry, oor wat moontlik kon gebeur het, maar hulle het steeds geen antwoorde nie.

Na wat verneem word is Krysten by haar tannie in Gauteng opgelaai deur Ollie en was hulle op pad na Lydenburg, waar hy die afgelope jaar werk. Die vermoede bestaan dat hy vir haar wou gaan wys waar hy bly en werk.

Lees ook: Road to Dullstroom closed after collision

Hy en Krysten ken mekaar al ’n geruime tyd, aangesien albei families van Roodepoort afkomstig is.

“Krysten was ’n spontane mens wat lief was vir die lewe en haar familie. Sy was ook baie kunstig gewees.”

Krysten word oorleef deur haar ma, stiefpa, twee susters en grootouers. Mnr. Snyman het aangedui dat Krysten se begrafnis in Gauteng gehou sal word.

Ollie Coetzer (25) het die onderste gedeelte van sy regterbeen in die ongeluk verloor. Hy word in die intensiewe eenheid van die Witbank Hospitaal behandel.

• Ollie het die onderste gedeelte van sy regterbeen verloor in die ongeluk en word sedertdien in die intensiewe eenheid van die Witbank Hospitaal behandel. Sy suster, Erika, sê hulle het hom vlugtig in die hospitaal gesien, voor hy na die intensiewe eenheid geskuif is.

“Hy kan niks van die ongeluk onthou nie. Hy weet dat hulle op die motorfiets was en dat hy daarna wakker geword het in die hospitaal.”

Hy het baie bloed verloor op die toneel en kry steeds bloed in die hospitaal.

“Die boonste gedeelte van die regterbeen wat oorgebly het, is ook van die heup af gebreek en sy regter voorarm is gebreek. Hy het ook baie oop snywonde en blou merke, maar is genadiglik nie verlam nie.”

Me. Coetzer sê die wonde is nog nie toegewerk nie en hulle weet ook nie wanneer operasies sal volg nie. Sy het aangedui dat hulle nog nie vir Ollie gesê het dat Krysten oorlede is nie.

Me. Coetzer het haar medelye uitgespreek teenoor Krysten se familie en hulle sterkte toegewens in hierdie tyd.

• Sy wil graag die paramedici bedank wat op die toneel gehelp het.

“As hulle nie vir Ollie op die toneel gehelp en met die helikopter oorgevlieg het nie, het hy op die toneel dood gebloei.”

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button