Gille en ’n gegons oor Kragstraat drama
Lede van ’n noodgroep het gejaag na ’n huis in Kragstraat nadat ’n vrou via WhatsApp vir hulp gesmeek het.
Sy het gesê dat sy gedreig word en dat die eienaar van die huis die vensters met hamers breek en haar seermaak, terwyl hulle ’n toiletdeur probeer oopforseer.
Me. Cindy van Niekerk het erken dat hulle laat was met hul huurbetaling en probeer onderhandel het met die huiseienaar. Sy wou egter nie dat hulle langer aanbly nie.
Volgens me. Van Niekerk het ’n jong seun by hulle oorgeslaap Sondagaand, sodat hulle Maandag kon uittrek, maar die huiseienaar en haar familie het aggressief geraak.
“Hulle het die vensters begin uitslaan, ek en die seun het bang geword. Ek is badkamer toe, maar hulle is agter my aan en het die deur met geweld probeer oopforseer.”
In ’n klankopname kan jy hoor hoe me. Van Niekerk skree: “you are hurting me!”
Sy het op die grond gaan lê om die deur te probeer toehou en haar rug beseer, soos hulle die deur probeer oopdruk. Sy het blou merkies op haar stuitjie gewys soos die deur, volgens haar, teen haar vasgedruk is.

Me. Van Niekerk het intussen op die Almal Help Almal Vlerke organisasie se WhatsApp groep ’n WhatsApp boodskap gestuur dat iemand haar moet kom help. Die organisasie het die Sektor 3 Noodroep Radiogroep laat weet wat aan die gebeur is.
Met hul aankoms by die huis, het hulle gesien dat die gemoedere hoog loop op die perseel en dat daar wel ’n persoon is wat besig is om die stopverf van die venster af te slaan.
Hulle het besluit om die polisie te bel om sake te beredder tussen die partye. Een van die lede van die noodgroep het later gemeld dat hulle besluit het om te ry, nadat hulle ’n uur en ’n half vir die polisie gewag het.
Volgens me. Van Niekerk het die polisie wel opgedaag, maar wou nie ’n saak open nie.
“Hulle het my aangeraai om uit te trek.”
• ’n Vrou (wat anoniem wil bly) sê hulle is ook deur me. Van Niekerk gekontak. Hulle het na die toneel gejaag en met die huiseienaar gepraat.
“Sy het aan ons verduidelik dat hulle me. Van Niekerk en haar vriend uit die perseel wil hê, omdat hulle nie hul huur betaal nie en dat hulle nie vir me. Van Niekerk seergemaak het nie. Die vensters wat uitgehaal is, is om verbeterings aan die perseel aan te bring.”
• Me. Prisca Makhubu wat haar voorgestel het as die eienaar van die huis se dogter, sê dat dit wel waar is dat hulle die vensters uitgeslaan het.
Sy sê dat daar twee stukkende vensters was wat hulle uitgehaal het om dit te vervang. Sy het ontken dat hulle aggresief was teenoor me. Van Niekerk en haar ook nie gedreig het nie.
Volgens haar het hulle die deur probeer oopmaak, maar dat me. Van Niekerk begin gil het.
Me. Van Niekerk is gevra om te gaan oor wanbetaling.
“Die polisie was hier en het met ons almal gepraat. Daar is geen klagtes geopen nie, want ons het niks verkeerd gedoen nie.”
• Nadat die joernalis met die betrokke partye gepraat het, het me. Van Niekerk laat weet dat die eienaars van die huis haar laat weet het dat hulle kan terugtrek.
“Ek sal liewers op straat bly voor ek ooit weer daar bly,” het sy per WhatsApp laat weet.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
