Wie is motorfietsryer wat meisie wat gesterf het afneem?
’n Motorfietsryer was waarskynlik die persoon wat foto’s geneem het van ’n meisie se liggaam, waar sy op ’n ongelukstoneel gesterf het.
Daar word van Maandag af gevra wie so gevoelloos kon wees om die liggaam van ’n mooi jong meisie met ’n selfoon af te neem en die beelde die wêreld in te stuur.
Een van die eerste persone op die toneel, wat nie geïdentifiseer wil word nie, het gistermiddag aan www.mobserver.co.za gesê ’n motorfietsryer, wat een van die eerste persone op die toneel was, is gesien waar hy foto’s van die toneel neem.
Lees ook: Ma kry foto’s waar dogter dood op ongelukstoneel lê
“Ons het ’n boodskap gekry dat Krysten oorlede is en in die Belfast lykshuis lê. Daarna het ons foto’s gekry van haar waar sy dood op die toneel lê van Krugersdorp inwoners af, wat dit ook gekry het. Die foto’s is op noodgroepe gedeel!” het mnr. Divan Snyman omgekrap van die grafiese foto’s gesê.
Krysten Butcher (22) is Maandag omstreeks 12:15 opslag dood in die motorfietsongeluk sowat 15km buite Belfast op die Dullstroompad. Krysten het op die toneel gesterf en Ollie (Evert) Coetzer (25) is met ’n helikopter na die Witbank Provinsiale Hospitaal afgevoer.
Lees ook: Road to Dullstroom closed after collision
Ollie het beheer verloor oor die motorfiets en ’n Audi getref. Krysten is op die toneel dood verklaar en Ollie is per helikopter opgepik.
Na wat verneem word is Krysten by haar tannie in Gauteng opgelaai deur Ollie en was hulle op pad na Lydenburg, waar hy die afgelope jaar werk.
Die vermoede bestaan dat hy vir haar wou gaan wys waar hy bly en werk. Krysten word oorleef deur haar ma, stiefpa, twee susters en grootouers.
Mnr. Snyman het aangedui dat Krysten se begrafnis in Gauteng gehou sal word.
Ollie het die onderste gedeelte van sy regterbeen in die ongeluk verloor. Hy word in die intensiewe eenheid van die Witbank Hospitaal behandel.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.