AfriForum se noordstreek-beheerkamer bied bystand aan buurtwagte
AfriForum se beheerkamer vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het in Februarie 2021 meer as 618 gevalle aangemeld en hanteer en die organisasie se buurtwagte in dié provinsies ondersteun.

Die doel van die beheerkamer is om AfriForum-buurtwagte te versterk en te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word.
AfriForum-buurtwagte in die drie provinsies het in Februarie 544 patrollies gery (Gauteng 297, Limpopo 137 en Mpumalanga 137), waaraan 1 089 mense (Gauteng 594, Limpopo 220 en Mpumalanga 274) deelgeneem het.
Sommige van die gevalle waar die beheerkamer bystand verleen het, sluit in:
Gauteng:
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n motorvoertuigongeluk buite Nigel naby die begraafplaas. Die polisie is ontbied en hulle het die toneel besoek.
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n motorvoertuigongeluk op Garsfonteinweg. Die polisie en nooddienste is ontbied.
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n transformator wat ontplof het en aan die brand was in Boksburg. Die brandweer is gekontak en na die toneel ontbied.
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n geval van massageweld in Krugersdorp. Daar was ’n groep mans en vroue wat handgemeen geraak het. Die beheerkamer het die polisie gekontak en na die perseel ontbied. Die polisie het opgedaag en die situasie is uitgeklaar.
• Die beheerkamer het inligting ontvang van ’n tref-en-trap-voorval op die R29 buite Springs. Nooddienste is ontbied na die toneel en so ook die polisie. ’n Staatsambulans het die voetganger opgelaai en na die hospitaal vervoer. Die man het ernstige beserings opgedoen. Die polisie was ook op die toneel.
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n bejaarde man in Krugersdorp wat mediese hulp nodig gehad het. Die man het vermoedelik ’n beroerte gehad en het gesukkel met asemhaling. Die persoon is na ’n hospitaal vervoer.
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n huisbraak in Krugersdorp. Met aankoms by die perseel het die patrolleerder wat die inbraak gerapporteer het, laat weet dat die verdagte skote afgevuur het en te voet gevlug het. Die polisie is gekontak en na die perseel ontbied.
Op die toneel is ’n rugsak met gereedskap gevind wat die verdagte vermoedelik gebruik het om in te breek. Die polisie het die soektog oorgeneem en verdere inligting kon nie verkry word nie.
Limpopo:
• Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n motorvoertuigongeluk op die R510-pad in die rigting van Thabazimbi. Daar is vasgestel dat ’n voertuig teen ’n boom gebots het. Een van die insittendes het ernstige beserings opgedoen. Die polisie en ER24 is ontbied en die beseerde persoon is na ’n hospitaal geneem.
•’n Buurtwaglid het die beheerkamer gekontak en gesê dat familie van hom in ’n ongeluk betrokke was in Trompsburg, Vrystaat. Die buurtwaglid het die beheerkamer versoek om bystand te bied om sy familielede op te spoor. Die beheerkamer het die Trompsburg-polisie geskakel.
Die polisie het bevestig dat ’n ongeluk wel aangemeld is. Die beheerkamer het kontak gemaak met nooddienste op die toneel wat bevestig het dat een persoon na ’n nabygeleë hospitaal geneem is.
•’n Plaasboer in die Afguns-gebied het oor ’n noodradio hulp ontbied. Een van sy werkers het inmekaargesak. Die beheerkamer het die plaaslike ambulansdienste geskakel en na die perseel ontbied.
Mpumalanga:
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n motorvoertuigongeluk in Tsitsikammastraat op Middelburg. Een insittende is lig beseer. Die polisie is gekontak om uit te gaan na die toneel.
•Die beheerkamer is in kennis gestel van ’n skietery in Dullstroom by ’n plaaslike sentrum en is versoek om die polisie te kontak.
“Die beheerkamer dien as ’n middelpunt van kommunikasie en verseker dat die nodige hulp vinniger ná noodgevalle ontbied kan word. Hierdie is een van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied om te verseker dat gemeenskappe meer weerbaar kan wees,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga.
Raak by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke en word deel van die verskil: SMS jou dorp se naam na 45353 (R1).
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
