News

Bring jou Ferrari en ry dié pad

Bêre maar die Cruisers, die Drifters en Rangers op die Bankplaaspad waar bote ’n veiliger opsie is.

Videomateriaal van dié pad is gedurende die afgelope ruk se gietende reën geneem, dit is duidelik dat ’n gewone motor tydens ’n reënbui ’n doodskis op wiele is.

Mnr. Christoffel van Deventer, wat die video geneem het, sê dat ten spyte van die pad wat oor sowat 20 kilometer oorgedoen is, dit tydens reënbuie “nie meer pad is nie maar ’n siedende kanaal”.

’n Kontrakteur is vroeg in 2020 aangestel om die opgraderings op die pad te doen tot op die 25km merk. Na 6km het die kontrakteur opgepak en laat spaander.

Die kontrak van R1.8 miljoen is nooit voltooi nie en rondom September is ’n nuwe kontrakteur deur die provinsie aangestel om die brouwerk en die oorblywende deel van die pad reg te maak. Keerwalle is die keer nie aangebring nie wat die pad in ’n maalstroom verander, as net ’n paar milimeter reën val.

Die video is volgens mnr. Van Deventer naby die 7km merk van die nuwe pad geneem. Hoewel die pad opgegrawe en daar weer grond gestoot en gekompakteer is, is die pad se boog nie hoog genoeg om die water na die kante te kanaliseer nie.

Daar is ook nie genoegsame dreinering om die water weer van die padskouers na die veld te lei nie.

Die massa water spoel dan op die N11 uit in Doornkop se rigting. Mnr.

Van Deventer het die swak werk al met DA raadslid Anphia Grobler bespreek wat sê dis ’n ou laai van opkomende kontrakteurs om te begin met die werk, die geld te vat en dan te verdwyn.

Die klagtes sal nou deur Bosman Grobler, wat ’n lid van die Mpumalanga Wetgewer vir die DA is, direk met die kantoor van die LUR van openbare werke, paaie en vervoer, opgeneem word.

Die provinsiale kabinet is egter intussen herskommel met die Middelburg gesetelde ANC wetgewerslid, me. Mohita Latchminarain, wat nou die portefeulje oorneem.

“Ons kan nie geld so in die water gooi nie, want daar is nie geld om te verkwis nie, en daarom lyk ons paaie so,” sê mnr. Grobler.

Hy sê hy sal die LUR pols oor die kontrakte wat toegeken is en wie verantwoordelik was vir kwaliteitsbeheer “wat duidelik nie gedoen is nie”.

“Ek gaan ook persoonlik die LUR nooi om die pad saam met my te ry in haar rooi Ferrari.”

Kliek op die skakel om die videomateriaal te sien:

https://www.facebook.com/MiddelburgObserver/videos/336584357755394

 

 

 

 

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button