HTS seun beroof op pad skool toe
Die ouers van ’n geskokte tiener seun, wat vanoggend gewelddadig aan sy klere rondgeruk is vir sy koeldrankgeld is raadop oor misdaad wat toeneem in die Mineralia woongebied.
Me. Douwlene de Beer sê dat inwoners keelvol is vir die handjievol misdadigers wat in die omgewing naby OK Jeppestraat rondhang en wag vir hulle volgende slagoffer “terwyl die polisie niks aan hulle doen nie”.
Beide sy en haar seun het onder boosdoeners deurgeloop.
Haar 16-jarige seun was vanoggend op pad skool toe, vanaf ’n blok woonstelle in Jeppestraat, toe hy gou ’n draai gemaak het by ’n klein winkeltjie langs die OK om koeldrank te koop.
Hy is deur twee mans oorval, en sò rondgeslinger dat sy skoolhemp van sy lyf afgeruk is.
Toe hulle eers sy beursie in die hande het, het hy huistoe gehardloop.
Hy het groot geskrik en kan nie die twee verdagtes identifiseer nie, maar hulle vermoed dit is deel van die groep verslaafdes en haweloses wat buite die winkel langs die drankwinkel rondhang.
Me. De Beer het die saak aangemeld by die polisie, maar hulle het gesê dat daar ’n tekort is aan voertuie.
“Ons kan nie eers meer ons kinders laat skool toe loop nie. Ek is self al daar beroof en dis hoogtyd dat iets gedoen word aan die misdadigers.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
