News

Red ons sportstadions, die paar wat oor is

Gaan daar enige sportstadion in Suid-Afrika oorbly, behalwe die by groot rugbystadions of by skole?

Die verval van eens spog sportstadions in die land is hartverskeurend.

Maar dit is nie net groot multi-miljoen rand stadions wat kreun onder die verweer nie, maar op byna elke klein dorpie het daar net geroeste strukture oorgebly, waar die hart van gemeenskappe eens op ’n tyd Saterdae warm geklop het.

Die Mpumalanga atletiek kampioenskappe moet op 27 Maart op Secunda aangebied word, maar die stadion was teen vanoggend nog so toegegroei dat enige atletiek onmoontlik sou wees.

Die krisis is nog groter met Atletiek Mpumalanga se tweede klub byeenkoms wat op 20 Maart in die stadion beplan word.

Die woordvoerder van die munisipaliteit, Donald Green, het by navraag, of die stadion gereed sal wees, gesê, vrae moet op skrif aan hom gestuur word.

Hy is daarop gewys dat die eenvoudige vraag: “Gaan die stadion gereed wees of nie,” maklik beantwoord kon word.

Die vraag is met ’n WhatsApp boodskap opgevolg, wat pas beantwoord is met ’n “die organiseerders en munisipaliteit is in vergadering en daar sal later terugvoer gegee word.”

Die president van Atletiek Mpumalanga, mnr. Paul Bester, het sy kommer uitgespreek oor die toestand van die stadion.

Atletiek Mpumalanga het al self ingespring en werk gedoen, maar die verval was intussen ooglopend.

Hy het samesprekings gehou met die munisipaliteit en was teen Woensdag hoopvol dat die kampioenskappe in Secunda met sy tartanbaan nog gered kan word.

Atletiek Mpumalanga bied Saterdag sy eerste byeenkoms by HTS Middelburg aan, waar die atletiekbaan in puik toestand is.

Die Comrades goue medalje wenner, Deon Holtzhausen, het onder andere ingespring om die baan te merk. Bester het sy dank uitgespreek teenoor die skool en die gemeenskap om die byeenkoms moontlik te maak.

Die lys van stadions wat so verval het dat hulle nie meer gered kon word nie word al langer. Stadions soos die Boet Erasmus stadion in Gqeberha (Port Elizabeth) en Pam Brink in Springs.

Green het so pas laat weet dat daar ’n ooreenkoms met die organiseerders bereik is en dat die stadion gereed sal wees.

Die Pam Brink Stadion waar die Rooi Duiwels (Oos-Transvaal) eens op ’n tyd koning was. FOTO: Springs Advertiser.

Herman Immelman word volgens die Ekurhuleni munisipaliteit teen ’n bedrag van R18 milj. opgeknap.

Die pragtige Ruimsig Stadion in Roodepoort toon ook tekens van verval, plafonne is beskadig, daar is stukkende vensters en die trappe roes.

Herman Immelman word volgens die munisipaliteit se webblad opgeknap.

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button