Toe vlieg Therese deur die lug
Die drie fietsryers, waaronder ’n vrou en dertienjarige seun, wat gister tydens die amptelike opening van die opgegradeerde Tarries Fietsrybaan geval het, het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.
Gert Luus het eerste neergeslaan by een van die walle, maar het dadelik opgestaan, die stof afgeskud en duim in die lug gewys alles is reg.
Kort daarna het die dertienjarige by dieselfde wal geval en is per ambulans hospitaal toe geneem. Hy het geen breuke opgedoen nie en sy pa, Willie, het gesê dat hulle vandag ’n sonar van sy knie sal neem om te kyk of ligamente beskadig is.

Therese Grobler het ook by ’n ander wal geval.
Ooggetuies sê dat sy deur die lug gevlieg en op haar skouer en kop te lande gekom het. Sy is ook per ambulans hospitaal toe, maar het gelukkig nie breuke opgedoen nie en het net ligte harsingskudding en skrape opgedoen.

• Dr. Abrie du Plessis (wat self op die baan gery het) het hulp verleen waar die twee fietsryers hard geval het.
• Willie het video’s op die baan geneem, waaronder waar Gert oor die wal gegaan en geval het.
Hy het dit goedgunstiglik aan www.mobserver.co.za beskikbaar gestel.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
