News

Helpppp… hier kom die vullistrok!

’n Vrou en haar twee hoërskoolkinders het hul boeglam geskrik toe ’n vullistrok vanoggend in trurat in hulle vasgery het in Oribistraat (Kanonkop, Middelburg).

“Ek kon niks doen nie, want daar was karre agter my en voertuie het van voor af gekom!” het me. Tanya van Niekerk gesê.

Sy het pas haar vierjarige kleuter by die kleuterskool afgelaai en was op pad om haar kinders, AJ (18) en Lizelle (15) by die skool te gaan aflaai.

Naby die Maroelastraat kruising, by ’n spoedwal, het sy die vullistrok gesien staan aan die ander kant van die spoedwal. Sy kon nie verbygaan nie, aangesien dit vroegoggend verkeer was en daar voertuie van voor af gekom het.

“Die volgende oomblik het die trok net agteruit begin ry. Ek het op die toeter gelê en die ander munisipale werkers het op hom geskree, maar die trok het bo-oor die spoedwal gekom en my voertuig voor getref. Ek kon nêrens heen gaan nie.”

Me. Van Niekerk sê in die geharwar het Lizelle begin gil en AJ het uit die voertuig gespring.

Sy sê die drywer van die vullistrok het verskoning gemaak, omdat hy in haar vasgery het.

“Hy het gesê hy het nie my voertuig gesien nie.”

Op hierdie stadium weet hulle nog nie wat die totale omvang van die skade op haar Mini Cooper is nie.

• Alhoewel almal aan skok gely het, is nie een van hulle beseer nie.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

Back to top button