Vrou platgeduik in woeste geveg
Een van die persone wat midde in die geveg was by Opi Plaas, se kneukels is vergruis.
Hy is Woensdagoggend geopereer.
Die man (wat verkies om anoniem te bly) sê “mense moenie stories vertel as hulle nie weet wat regtig aangaan nie. Dis my vrou wat daar op die grond lê. Daardie man het my vrou getackle toe sy my wou help.”
Hy het pas nadat hy vanoggend ’n operasie aan sy hand ondergaan het, sy kant van die storie vertel. Volgens hom is hy ’n sakeman en het hy en sy vrou “vir die eerste keer in jare” vir die aand uitgegaan. Teen sluitingstyd was hulle op pad na buite, toe hulle opmerk dat daar ’n paar mans was wat reeds gestaan en stry het.
“Toe ek verbyloop het een my gevloek en my met die vuis geslaan. Ek het hom terug geslaan.”
Volgens hom het nóg twee mans hom getakel en hy het hulle probeer afweer.
“Een het my met pepersproei gespuit en ’n ander een het sy wapen rondgeswaai.”
Sy vrou het intussen teruggehardloop om te help en ’n man het haar geduik.
Op hierdie stadium het sy swaer (sy vrou se broer) ingespring en die een aggressor van sy vrou afgepluk.
’n Mens kan duidelik hoor hoe hy sê dit is sy sussie en die persoon bydam wat haar geduik het.
“Dit is ook twak dat daar ’n ou gesê het dat iemand kwansuis sy vrou ontvoer het en hy die mes rondgeswaai het. Die eintlike waarheid is dat hy sy vrou, wat ook daar was, met die mes wou steek!”
• Die man sê hy het geen uitsmyters by Opi Plaas gesien nie.
Hy glo as daar uitsmyters by dié kuierplek is, dan sal daar nie soveel probleme wees nie. “Al die kuierplekke is veronderstel om uitsmyters te hê.”
“Ons sal maar voortaan by die huis bly en braai, want mens kan na geen kuierplek meer gaan nie!”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
