News

Derde vlaag Covid-19 gevrees na hoof skool vir week sluit

Belfast Akademie is vir ’n week gesluit nadat die hoof en sy vrou, asook twee personeellede en twee algemene werkers positief vir die Covid-19 virus getoets het.

Twee leerlinge het hulle ook laat toets vir die virus en daar is reeds verneem dat die een leerling negatief getoets het. Hulle het nog nie die uitslae van die ander leerling gekry nie.

Mnr. Fanie Barendze (hoof) sê hy het vanoggend die besluit geneem nadat nog ’n personeellid laat weet het dat hy nie lekker voel nie.

Daar is aanvanklik besluit om die skool net Maandag en Dinsdag te sluit om die skool behoorlik te ontsmet. Na die oproep van die personeellid het hy besluit om die skool vir die hele week toe te hou.

“Ek voel sterk oor elke personeellid, kind en werker by die skool en is menselewens en hul veiligheid vir my baie belangriker. Akademie kan deur middel van WhatsApp groepe hanteer word. Volgende week kan daar weer aanpassings gemaak word.”

Mnr. Barendze sê hy en sy vrou en die twee personeellede het almal tipiese griep- en brongitis simptome ondervind. Nadat sy vrou en die ander personeellede se toetse Donderdag positief uitgekom het, het hy besluit om Vrydag te gaan toets en ook sy toets was positief.

Een van die personeellede is Maandag in die Life Kosmos Hospitaal in eMalahleni opgeneem en dieselfde dag na die intensiewe eenheid geskuif, omdat sy asemhalingsprobleme ondervind het.

Mnr. Barendze wou hom nie uitlaat oor ’n derde vlaag van die virus nie, maar glo die skielike toename van positiewe gevalle het wel te doen omdat baie van veral die koshuiskinders oor die langnaweek weg was.

Hy het wel toegegee dat dit dalk ’n teken is van die begin van ’n derde vlaag.

“Interessant om te meld dat nie ons of die ander personeellede wat die virus gekry het, weg was nie. Maar ’n mens kan die virus in elk geval enige plek kry.”

Wat hom, en hy glo ander hoofde baie bekommer, is dat baie ouers nie oop kaarte speel ten opsigte van kinders wat siek is en gaan vir die toetse nie.

“Dit is ’n groot frustrasie. Ek het verlede week reeds in ’n brief vir die ouers gesê dat dit gaan oor almal en dat dit belangrik is dat hulle ons op hoogte moet hou.”

Mnr. Barendze sê dat die skool tot op hede “baie gelukkig was” in die pandemie, aangesien hulle baie streng by al die Covid-19 regulasies hou.

“Ek is bereid om al die aanslae, sou daar enige wees, te vat ten opsigte van die besluit wat ek geneem het. Ek is egter bevoorreg om ’n ondersteunende gemeenskap te hê, wat bereid is om saam met ons die ekstra myl te stap.”

• Hy het ’n stemboodskap aan die gemeenskap uitgestuur waarin hy gesê het waarom hy die besluit geneem het om die skool te sluit.

• Mnr. Barendze het aangedui dat hy en sy vrou “reeds beter begin voel. ”Ek glo ons is oor die ergste.”

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button