News

Wieldiewe vlug toe eienaar wakker word

Die wieldiewe is weer bedrywig!

Woensdag in die vroeë oggendure het oorlamse diewe by ’n erf ingegaan in Garnetstraat (Uitbreiding 18, Middelburg) waar ’n huis gebou word en plaveiselstene gevat.

Vandaar is hulle na ’n ander huis waar hulle splinternuwe 16 duim wiele, wat net die vorige dag teen R9 500 op ’n Toyota Hilux gesit is, afgehaal en die voertuig op die plaveiselstene staan gemaak.

• ’n Dag voor dit is daar net twee huise hoër op in dieselfde straat ook wiele gesteel en laasnag het booswigte in Bullerstraat (Dennesig) wiele probeer steel. Die huiseienaar het wakker geword en uitgegaan, waarna die booswigte weggehardloop het.

• Die afgelope sowat twee jaar is daar al duisende rande se wiele gesteel.

• Tydens ’n gesamentlike operasie van die Misdaadvoorkomings eenheid van die eMalahleni Polisie en CSC Tactical is daar in Februariemaand ses Mosambiekers gearresteer in eMalahleni.

Tydens hierdie operasie is Faan Steenkamp, wie se Conqueror Commander Platinum Boskaravaan by sy huis in Kanonkop gesteel is, en ’n sleepwa van mnr. Wiley Harrington (in Dennesig gesteel) teruggevind.

Daar is ook ’n klomp wiele teruggekry wat na alle waarskynlikheid in Middelburg en eMalahleni gesteel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button