News

Krewe in plaasdam hou groot gevaar in

Varswaterkrewe is in 'n plaasdam gekry op 'n plaas tussen Groblersdal en Loskopdam.

Met ‘n besoek deur mnr. André Hoffman, rivierekoloog van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap se akwatiese bewaringseenheid, is krewe van alle groottes gevind met die grootste op 129 gram.

“Daar sal nou dringend maatreëls ingestel word om die krewe tot die dam te beperk en met ‘n proses begin word om hul uit te roei. Daar sal ook nou ‘n studie gedoen word om uit te vind of die krewe na die naby geleë Olifantsrivier versprei het en of daar verdere populasies van die krewe op ander plase in die omgewing voorkom,” sê mnr. Hoffman.

Hy doen ‘n beroep op die publiek vir hulp. In Suid-Afrika kom daar geen varswaterkrewe natuurlik voor nie, slegs garnale en krappe.

Die varswaterkreef, Cherax quadricarinatus, hou groot gevaar in.

Hierdie kreef wat gevind is, Cherax quadricarinatus, is ‘n verklaarde indringerspesie wat afkomstig is van Australië.

Dit is geklassifiseer as ‘n kategorie 1b spesie wat intensief beheer moet word. Dit is onwettig om hierdie spesie te besit en niemand mag dit versamel en rondskuif nie.

Die voorkoms van hierdie indringer is vir die eerste keer in die Komatierivier gevind in 2002 en tydens ‘n studie van die spesie is vasgestel dat dit deur Adrian Peers vanaf Zambië ingebring is na Swaziland.

Van daar het hulle ontsnap en na die Komatirivier in Suid-Afrika versprei.

Daar is nou ook populasies in die Krokodilrivier en Klipkoppiedam gekry.

“Hierdie krewe teel baie vinnig aan, het min natuurlike vyande en versprei maklik en kan selfs wanneer dit reën, oor land versprei. In Karibadam is dit al reeds ‘n geweldige probleem in hul visserybedryf daar. Hulle kompeteer dan ook met ons inheemse krappe en garnale en hulle het ‘n groot impak op visspesies en ander akwatiese organismes.”

“In die dam waar die krewe plaaslik gekry is, is daar geen krappe gevind nie en dit is ook baie moeilik om daar vis te kry. Dit dui dus alreeds die impak van die indringer op die akwatiese spesies wat natuurlik behoort voor te kom,” sê mnr. Hoffman.

Die publiek word gemaan om nie varswaterkrewe aan te hou of te versprei nie.

Daar word ook ‘n beroep gedoen dat enigiemand wat weet waar hierdie krewe voorkom of dit sien, om dit onmiddellik aan mnr. Hoffman by 082 412 5756 te rapporteer.

“Help ons om ons rivierstelsel te beskerm sodat ons nog lank ons ekosisteem kan geniet.”

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Back to top button