‘Skuus?’ Dit is tyd vir gehoorafspraak
Ons almal weet dat geraas jou gehoor kan beskadig, maar hoe hard is dan nou te hard?
Plaaslike oudioloog en spraakterapeut, Eloise Moll, vertel ‘n bietjie meer oor die oorsake van geraasbeskadiging en hoe om dit te vermy.
“Die algemeenste geraasbeskadiging wat ons ken is blootstelling aan industriële geraas. Enige geraas vlakke bo 85 desibel (dB) is skadelik vir jou ore, daarom is dit belangrik om behoorlike geraasbeskerming te dra elke oomblik wanneer jy in geraas is.
“Vuurwapenskote is ‘n ander bekende oorsaak van geraasbeskadiging in die ore. ‘n Enkele geweerskoot kan tussen 130dB en 160dB hard wees. Dit is genoeg om al klaar permanente skade aan die haartjies aan die binne-oor te veroorsaak!
“Alledaagse geraas waaraan ons nie altyd dink nie kan ook jou gehoor affekteer. Byvoorbeeld die klasopset waaraan ons onderwysers en kinders elke dag blootgestel is. Navorsingstudies is gedoen wat bewys dat onderwysers soms blootgestel is aan geraasvlakke van tussen 87dB en 93 dB. Op die minimum is hulle blootgestel aan geraasvlakke van 56dB tot 85dB,” vertel Eloise.
Ander omstandighede wat gereeld ly tot geraasbeskadiging aan die ore sluit in: Die gebruik van krag of tuingereedskap en sport- of musiekbyeenkomste waar verlengde blootstelling aan harde musiek en lawaai jou gehoor kan affekteer.
“As jy dikwels vir herhaling moet vra wanneer mense praat, of jy wonder na die tyd of jy nou reg geantwoord het. Jy lag saam om die braaivleis vuur terwyl jy wonder wat die grap was, of jy verkies om eerder by die huis te bly, omdat jy in elk geval nie kan hoor wat die mense sê nie, dan is dit dalk tyd om jou gehoor te toets.”
Indien jy belangstel in gehoortoetse, spraakterapie, verstellings aan gehoorapparate of die aankoop van gehoorapparate of batterye, kontak Eloise vir ‘n afspraak by 013 243 5263 of 079 065 5690.
Alternatief, besoek haar by 14A Zuidstraat (MultiMed gebou) van Maandae tot Vrydae tussen 08:00 tot 16:30.
Besoek ook Eloise Moll se Facebookblad vir meer inligting oor promosies en die opkomende opedag in Augustus by Eloise Moll Audiology/Oudiologie.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).