News

Skewebek skilpad kan nou met glimlag knibbel

’n Wyfieskilpad, wat sowat 73 jaar oud is en wat ’n aandete sou word, voordat sy gered is, het Dinsdag ’n prosedure ondergaan, sodat sy weer gemaklik kan vreet.

Skillie se bek het skeef gegroei en ’n lang vergroeisel gemaak. Mnr. Jean Houy (Herpetologiese Vereniging) het die Kanonkop Dierekliniek gevra om te help, omdat skillie gesukkel het om behoorlik haar bek oop te maak, wanneer sy vreet.

“Sy kon nie behoorlik die kos afbyt nie en ons moes alles vir haar fyner sny.”

Na ’n behoorlike ondersoek deur die veeartse by Kanonkop Dierekliniek is besluit om met ’n elektriese mediese vyl skillie se bek korter te maak, sodat sy makliker kon vreet.

Dr. Belinda Kok kry skillie gereed.

’n Joernalis van www.mobserver.co.za en mnr. Houy is toegelaat om die prosedure by te woon en dr. Belinda Kok (veearts) het die hele tyd in detail beskryf wat gedoen word.

As hulle nie byvoorbeeld ’n ledemaat verwyder nie, gee hulle nie sommer narkose vir ’n reptiel (soos ’n skilpad) nie. Die rede is dat sy asemhalingstelsel nie soos warmbloedige diere outomaties voortgaan nie en ophou asemhaal. Die reptiel moet dan op ’n ventilator gesit moet word of hulle moet per hand met die botteldruk-metode gehelp word met asemhaling.

Met Skillie se aankoms is sy op ’n warmgemaakte matrassie gesit en snoesig toegegooi met ’n kombersie. Dr. Kok sê dit is om die skilpad se stadige metabolisme aan te help.

Daarna het sy met ’n inspuiting in skillie se poot, waar ’n aar loop, drie keer klein bietjies sedeermiddel toegedien, om haar rustig te maak, sodat hulle haar kop kon uithaal.

Dr. Kok maak Skillie warm toe.

Met Skillie in droomland, het mnr. Houy haar kop vasgehou, waarna sr. Lizelle Grové die bek oopgehou het met ’n tang, sodat dr. Kok die vylwerk kon doen.

Dr. Kok het daarna die skilpad ’n middel gegee om haar wakker te maak en mnr. Houy is huistoe met haar. Tuis het sy sommer dadelik begin knibbel aan haar kos.

•Mnr. Houy sê dié bergskilpad is sowat 73 jaar oud en hy het haar drie jaar gelede uit die hande van ’n man gered wat haar wou eet.

Die vergroeisel op Skillie se bek word korter gevyl sodat sy makliker kan vreet.

Die Herpetologiese Vereniging het gehoor dat ’n man met haar in ’n mandjie agterop sy fiets in die Duvha omgewing ry.

Hy het die fietsryer opgespoor, maar toe hy hom wou uitvra oor die skilpad, het hy vir skillie op die grond neergegooi en weg gery. Met die valslag het die kante van die skilpad se dop gebreek en het mnr. Houy met haar gejaag huistoe om haar te red.

Die afgelope drie jaar het daar ’n dun dop oor die area gegroei waar dit gebreek het. Hy sê dat dit nooit weer behoorlik sterk genoeg sal wees nie en sy dus nie weer in die natuur sal oorleef nie.

Mnr.Huoy het Skillie se kop vasgehou terwyl dr. Kok die punt van die bek korter vyl. Sr. Lizelle Grové het die bek met ’n tang oopgehou tydens die vylproses.

•Die personeel van die Kanonkop Dierekliniek het gevra dat mense nie skilpaaie uit die natuur uit moet verwyder nie. Hulle is verlede jaar gedurende die vakansieseisoen oorval met mense wat beseerde skilpaaie ingebring het, wat hulle onwettig aangehou het.

Baie van die skilpaaie is deur honde gebyt en een van die skilpaaie se poot moes geamputeer word weens sy beserings. In een geval is daar ook ’n skilpad in ’n erf raakgery.

Dr. Kok by Skillie, wat begin wakker word het nadat haar bek reg gemaak is.

•Mnr. Houy het bevestig dat dit onwettig is om skilpaaie aan te hou en kan jy derduisende rande se boetes en selfs tronkstraf opgelê word.

•Hy wil graag die veeartse van die Kanonkop Dierekliniek bedank vir hul hulp om die lewe makliker vir Skillie te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button