News

Waterpyplyn reg, maar steeds nie ‘n druppel in Kanonkop, Dennesig en dele van Mhluzi nie

Die probleem is dat areas met water, nie die hoogliggende dele soos Kanonkop en Dennesig kans gee dat watervloei die areas bereik nie.

Die nuutste op die waterkrisis is dat die hoofpyplyding wat twee barste gehad het, nou ten volle herstel is.

Die reservoirs is egter nog leeg en areas soos Mineralia en die middedorp bgin stadig maar seker water terugkry.

Dennesig, Kanonkop en dele van Mhluzi is egter steeds sonder water. Boorgateienaars het sedert gister hulle water aan inwoners beskikbaar gestel en groot lof is hulle toegegee vir die onbaatsugtige gebaar.

Die probleem is dat areas met water, nie die hoogliggende dele soos Kanonkop en Dennesig kans gee dat watervloei die areas bereik nie.

Die waterpyp van Witbankdam het ook ‘n bars en as dit nou reg gemaak word, sal die hele dorp minstens tot Dinsdag sonder water wees.

Dennesig se DA wyksraadslid Johann Dyason versoek geduld totdat die hele waternetwerk se pype vol is, en water geaffekteerde areas se krane bereik.

Intussen het raadslid Hennie Niemann sy skok uitgespreek oor inwoners wats steeds hul tuine natlei ondanks die krisis.

Hy het versoek dat inwoners nie selfsugtig optree nie, maar eerder die voorbeeld van boorgateienaars volg, om geaffkteerde dele van die dorp tegemoet te kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button