Polisie op soek na man in verband met Kanonkop huisbraak en diefstal
Die polisie is op soek na dié man in verband met ’n huisbraak en diefstal van ’n platskerm TV in Magnoliastraat Woensdag.

Naas die TV het die verdagte na bewering ook ’n hardeskyf wat aan die TV gekoppel was, en ’n selfoon, uit die Magnoliastraat woning gesteel. Die voorval het omstreeks 12:00 plaasgevind.
’n Huishulp van ’n naburige huis het omstreeks 12:00 gehoor hoe ’n venster in die omgewing breek.
Die vrou het dadelik alarm gemaak en saam haar werkgewer in haar motor gespring om te gaan kyk of hulle iets verdag opmerk. Die man is toe opgemerk waar hy in die straat geloop het. Die vroue het dadelik vermoed dat hy ’n TV met hom saamdra, wat toegedraai was in rooi lap.
Die buurvrou het haar selfoon uitgepluk en ’n foto van die man geneem, waarna hy die TV neergegooi en laat spaander het.
Die hardeskyf en foon is nie terug gevind nie.
Die TV is deur GPF lede in veilige bewaring geplaas sodat vingerafdrukke vandag geneem kon word.
Die man het toegang tot die Magnoliastraat huis gekry deur ’n baksteen deur een van die huis se vensters te gooi.
Inwoners wat die man gewaar word gevra om die polisie dadelik van sy bewegings in kennis te stel.
Inwoners kan ook hul GPF sektorleiers skakel met inligting.
