News

Man wat aflewerings doen sterf in motorfietsongeluk

'n Man wat aflewerings doen is vanmiddag omstreeks 16:30 op die toneel dood in 'n trompop botsing in Walter Sisulustraat, tussen Dros en die Middelburg Hospitaal.

Ooggetuies het later gesê dat ‘n voertuig van die dorp se kant af aangejaag gekom het, twee voertuie wat langs mekaar in die dubbelbaan gery het, verby gesteek en trompop met die afleweringsmotorfiets in die aankomende verkeer gebots het.

Mnr. Donovan Barnard (eienaar, #Braai/#Pizza) het vir www.mobserver.co.za vertel dat hy hom na die toneel gehaas het nadat een van sy kliënte hom van die ongeluk in kennis gestel het.

“Die man wat die ongeluk veroorsaak het, was so dronk, dat hulle gesukkel het om hom in die polisievoertuig te laai!”

Mnr. Barnard sê sy werknemer het sowat vyf minute na die ongeluk nog geleef, maar het weens veelvuldige beenbreuke gesterf.

Hy was hewig ontsteld oor die man se afsterwe.

“Hy het sowat ‘n maand by ons gewerk, maar ons het hom so vertrou dat ons vir hom ons kaart gegee het om aankope te doen. My hart is stukkend. Hy was regtig ‘n aangename persoon.”

  • Die oorledene se naam kan nie op hierdie stadium bekend gemaak word nie, omdat sy familie nog nie in kennis gestel is van sy afsterwe nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button