News

Motheo het ‘n vriendelike geaardheid gehad

Die jong man wat Saterdagmiddag op 'n ongelukstoneel beswyk het weens sy beserings, is geïdentifiseer as Motheo Madihlaba (25).

 

Hy het pas ‘n aflewering gedoen vir #Braai/#Pizza toe die ongeluk tussen Dros en die Middelburg Hospitaal plaasgevind het in Walter Sisulustraat.

‘n Voertuig wat twee ander voertuie, wat langs mekaar gery het, verby gesteek het, het in die aankomende baan inbeweeg en trompop met Mothea se afleweringsmotorfiets gebots. Hy het op die toneel gesterf.

Lees berig oor ongeluk hier.

Motheo is deur sy werkgewer, mnr. Donovan Barnard, beskryf as ‘n betroubare, vriendelike jong man.

Back to top button