News

Terroris Harry Knoesen eers in September gevonnis

Die vonnisoplegging in die Harry Knoesen terrorisme en hoogverraad verhoor, is vanoggend na 27 September in die hooggeregshof uitgestel.

Die saak is uitgestel omdat regter Johanna Mthimunye weens administratiewe redes nie beskikbaar was nie.

Knoesen is skuldig bevind op drie klagtes van terrorisme en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Hy het verlede week sy tweede sielkundige evaluering ondergaan en die verslag sal in die September vonnisverrigtinge ingedien word.

Hy staan lewenslange gevangenisstraf op al die terrorismeklagtes in die gesig.

Knoesen kan ’n addisionele 20-jaar tronkstraf opgelê word, vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, waarop hy skuld beken het.

Hy was glad nie gelukkig met die uitstel nie, maar het dit eindelaaste sonder teestribbeling aanvaar.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
 
Back to top button