News
Man dood geskiet tydens gewapende roof in die Toscana winkel Mineralia
Vier gewapende rowers eis die lewe van 'n man tydens gewapende roof in winkel.

Een persoon, vermoedelik ‘n kliënt, is dood na ‘n gewapende rooftog omstreeks 19:30 by die Toscana winkel in Jeppestraat Mineralia.
Vier rowers het van die toneel af gevlug in ‘n rooi Volkswagen Polo sonder nommerplate.
Daar is ‘n groot polisie teenwoordigheid op die toneel.

Inligting was aan www.mobserver.co.za deur gegee dat die rowers alle werknemers op die grond forseer het en in aanhouding was.
Inwoners wat naby die supermark bly sê hulle het verskeie skote gehoor.
Familielede het later op die toneel opgedaag om die oorledene te identifiseer.
Lede van Sektor 3 veiligheidsgroep was ook vinnig op die toneel om hulp te verleen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
