News

Van Vlok en lekker na Vlok in Blou

Van Rooi Bul na Blou Bul, Varsity kampioen én kaptein.

Christiaan Vlok se seisoen het van uitstekend na fantasties verander. Hy is gekies vir die Blou Bulle se Curriebekergroep. Na jare van studente rugby is dit Vlokkie, soos hy by HTS Middelburg genoem is, se groot kans.Hy het tot dusver ’n droom seisoen met die verowering van die Varsitybeker saam met Tukkies en verlede week as kaptein van die Tukkies span wat die studenteweek in Gqeberha gewen het.

Een van die beste skuiwe wat hy kon maak, was om Potchefstroom se stof af te skud en na Pretoria te verhuis. Hy was eers ’n waardevolle lid van die Pukke se Varsitybeker rugbyspan.As lid van die Rooi Bulle het hy ook vir die Pumas in die Cravenweek uitgedraf.


Die Bulle het ’n bloedjong span gekies.


Voorspelers: Abri van der Westhuysen, Abongile Nonkotwana, Arnu Gustafson, Cephas van Biljon, Chinedu Amadi, Damian Baker, Dian Coetzee, Dieter Schubert, Dylan Smith, Jon Hobson, Esethu Mnebelele, Heinrich Theron, Jaundre Schoeman, Jean Erasmus, JJ Theron, Jonathan Eloff, Junior Pokomela, KB Maake, Mawande Mdanda, Migael Turner, Nama Xaba, Nicolaas Janse van Rensburg, Oelof de Meyer, Ranon Fourie, Sandisiwe Msengana, Sintu Manjezi, Ulrich van der Westhuizen.
Agterspelers: Aka Boqwana, Brooklyn Newman, Christiaan Vlok, Christan Vorster, Daniel van der Merwe, Hakeem Kunene, Hendre Schoeman, JJ Motlhodi, Ian van der Merwe, Lindsey Jansen, Marnus Rademeyer, Neil le Roux, PA van Niekerk, Pieter van der Merwe, Riwan van Aswegen, Riyaad Bam, Ruan Enslin, Ruben Groenewald, Unathi Mlotshwa, Viaan Mentoor, Melt Viljoen, Demitre Erasmus, Devon Williams, Keagan Johannes, Shaun Schümann, Thomas Beling.


Bulle wedstryde:


19 Julie vs Sanlam Boland Kavaliers.
25 Julie vs Suzuki Griekwas.
1 Augustus vs Fidelity ADT Lions.
8 Augustus vs Airlink Pumas.
16 Augustus vs Toyota Cheetahs.
21 Augustus vs DHL Westelike Provinsie.
28 Augustus vs Hollywoodbets Sharks.


Pumas se bepalings:


17 Julie: Pumas vs Sharks (Mbombela Stadion).
25 Julie: Leeus vs Pumas (Ellis Park).
2 Augustus: Boland Kavaliers vs Pumas (Boland Stadion).
8 Augustus: Blou Bulle vs Pumas (Loftus Versfeld).
15 Augustus: Pumas vs Westelike Provinsie (Mbombela Stadion).
21 Augustys: Pumas vs Griekwas (Mbombela Stadion).
29 Augustus: Pumas vs Cheetahs (Mbombela Stadion).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button