
Familie en vriende het pas laat weet dat daar more ‘n massa soektog na Willem geloods gaan word by die Henbase Lodge en by die Vaalrivier vanwaar Willem meer as ‘n week gelede met sy bakkie verdwyn het.
Daar word gesê dat hulle sowat 1 000 mense verwag.
Hulle doen verder ‘n beroep op elke persoon in Suid-Afrika om “volgens 1 Thessalonisense 5:17 te bid sonder ophou. Ons reik uit en vra weer om hande saam te sit en saam met ons te bid vir Willem en sy familie, asook elke persoon wat gaan help met die soektog.”
Op die boodskap wat oral rondgestuur word, vra hulle ook dat daar gebid word “vir krag, vir ‘n wonderwerk en spreek lewe.”
Die organiseerders doen ‘n beroep op elke persoon om 08:00 more-oggend ‘n kers aan te steek “en te bid sonder ophou.”