News

Kyk hoe kruip dief met rooi tekkies op maag om waterponie te steel!

Om alarm-ogies te ontduik, het netjies geklede diewe op hul mae by ’n erf in Aerorand ingekruip om ’n waterponie (Jetski) te steel.

Op CCTV Videomateriaal kan ’n mens sien hoe een van die diewe, wat baie netjiese klere aangehad het, selfs op ’n stadium oorrol op sy rug terwyl hulle die waterponie geskuif en uit die erf getrek het.

• Een van die booswigte het helderrooi enkelhoogte skoene of tekkies gedra.

Lees ook: Motorfietsdiewe steel drie motorfietse in een nag

• Die waterponie met sy sleepwa is later gehaak aan ’n wit Toyota Hilux. Bykans presies dieselfde bakkie is net etlike dae later gebruik om ’n veldmotorfiets en twee bergfietse in ’n ander uitbreiding te steel.

• Lees die volledige berig rakende die diefstal van die waterponie en rakende die motorfietse wat gesteel is, in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

@middelburgobserver

Thieves caught on camera stealing a jetski

♬ original sound – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button