News

Willem vandag op plaas begrawe

Willem Kruger (29) wat vir meer as nege dae vermis was, se gedenkdiens is vandag.

Dit word om 11:00 op die plaas Doornpan, buite Marble Hall gehou.

Persone wat nie die diens kan bywoon nie, kan die uitsending op Facebook volg deur op dié skakel in te gaan: https://www.facebook.com/willemkrugergedenkdiens/?mibextid=ZbWKwL

*Willem het ’n vriend se rampartytjie by die Henbase Lodge bygewoon en in die vroeë oggendure van 13 November verdwyn.
Dieselfde nag het die Vaalrivier, wat langs die lodge verbyloop, afgekom weens erge reën.

Daar is aanvanklik bespiegel dat hy terug gery het huistoe en ondersoekspanne het alle veiligheidskameras nagegaan.

Willem se verdwyning het die land en die res van die wêreld aangegryp en mense het saam met die familie begin bid dat hy gevind word.

Daar is ook ’n gebedsbyeenkoms op die familieplaas, TKB (Tian Kruger Boerdery) gehou, waar sowat 200 mense saamgebid het.
Die geleentheid kon ook op Facebook gevolg word en duisende mense het ingeskakel.

•Alle leidrade is opgevolg en ondersoekers was oortuig dat die bakkie in die Vaalrivier is.
Daar is aanvanklik gedink dat hy by ’n laagwaterbruggie hom misgis en in die rivier beland het.

’n Kenner se hulp is ingekry bakkiespore is gekry waar dit die rivier in is.

Nadat die rivier begin afloop het, is die bakkie en Willem se oorskot gevind naby die plek waar die bakkiespore gekry is.

•In ’n onlangse persverklaring het die Kruger familie almal wat help soek het, asook elke persoon bedank wat hulle gedra het met gebede.

 
Back to top button