News

Statistiekskok: Misdadigers kruip uit gate

Vanjaar se misdaadstatistieke wys ’n reuse styging van kontakmisdade soos moord, verkragting en aanranding.

Die statistieke wys dat moordsake sedert Januarie tot September vanjaar, kwartaalliks aanhou klim, en die feesseisoen het nog nie eens afgeskop nie.

Uit die statistieke blyk dit duidelik dat Nelspruit en eMalahleni, insluitende Vosman, die provinsie se misdaadnes is, met Delmas en Middelburg ’n kortkop agter.

eMalahleni was 30-ste op die provinsie se top 30 ernstige misdade wat deur gemeenskappe aangemeld is gedurende Januarie tot Maart, ten spyte van ’n 11% daling na 1366 gevalle.

Delmas het ’n verstommende toename in poging tot moordsake gehad van 14 na 30.

Kwamhlanga en Kabokweni het top 30 plekke gehaal vir seksuele misdrywe terwyl Delmas onder die land se top drie brandkolle vir ontvoering en trokkapings was.

Ontvoerings is van 22 na 55 met 31 gevalle op, terwyl trokkapings met 16 gevalle van twee tot 18 toegeneem het.

Met betrekking tot eiendomsverwante misdade het Nelspruit, eMalahleni en Middelburg die top 30 lys gehaal op sewende, negende en 14-de posisies.

Met inbrake, by beide besighede en huise, was Nelspruit, eMalahleni en Middelburg onder die landwye top 20 en al drie onder die top 30 vir diefstalle uit voertuie.

Carolina was algeheel agtste onder die top 10 vir veediefstalle.

• In die tweede kwartaal van April tot Junie het dinge soortgelyk vertoon met Delmas wat weer in die kollig uitgestaan het weens moord met ’n styging van 16 moorde tydens dieselfde tydperk vir 2020/2021.

Die dorpie het ook negende plek beklee op die polisie se top 30 lys vir ontvoerings 40 voorvalle, drie minder as die vorige jaar.

Nelspruit, eMalahleni insluitende Vosman, en Middelburg het ook die top 30 lys gehaal vir besigheidsrowe, transitorowe en inbrake.

Delmas was vierde met trokkapings terwyl Sundra, naby Delmas, nommer 15 op die top 30 lys gehaal het.

Carolina se vee is ook weer uitermatig geteiken met die dorpie wat die die top 30 op nommer 27 gehaal het.

• Gedurende kwartaal drie (Julie tot September 2022), het Delmas weer bewys dat die dorp nie trok-vriendelik is nie, met die nommer een posisie op die landwye top 30 lys vir trokkapings, wat van 10 gevalle tot 21 vermeerder het in drie maande.

Nelspruit, eMalahleni en Middelburg was almal onder die top 30 dorpe met inbrake by besighede en huise.

Veediewe het Carolina tussen Julie en September verruil vir Ermelo, ’n klipgooi verder, wat 23-ste op die landwye veediefstal-lys was.

Die statistieke van September tot Desember moet nog uitgereik word.

• Dit word kwartaalliks uitgereik en misdaad spesifieke statistieke vir individuele dorpe word nie beskikbaar gestel nie.

Mpumalanga misdaad styg skerp na Covid-afsondering:

Die meeste moorde sedert 2017 in Mpumalanga, is vanjaar gepleeg.
In die huidige kwartaal het moord met 15.5% van 239 tot 276 gestyg.

Die jaarstatistiek is egter meer kwellend met 926 moorde wat tot einde September vanjaar gepleeg is.

’n Kommerwekkende 2466 seksuele misdrywe, waaronder 2058 verkragtings, is tot nou toe aangemeld.

Altesaam 1042 poging tot moord sake is tot dusver aangemeld.

Aanranding met die opset om ernstig te beseer staan op 7441 gevalle.

Roof met verswarende omstandighede – 6553.

Motorkaping – 1011 gevalle

Residensiële roof – 1091 gevalle

Besigheidsroof – 1478 gevalle

Transitoroof – 15 gevalle

Trokkaping – 189 gevalle

Opsetlike saakbeskadiging – 4205 gevalle

Huisbrake – 8903 gevalle

Motordiefstalle – 1088 gevalle

Onwettige wapens en ammunisie – 614 gevalle

Dwelmverwante misdade – 3665 gevalle

Die bogemelde statistieke is net vir Mpumalanga.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button