NewsSport

Draf vir Ouma en Oupa

Nagwedloop en bergfietswedrenne kan ouetehuise se koffers aanvul.

Draf vir Ouma en Oupa – en as jy nie kan draf nie, trap dan!
Die regering sny subsidies, die lewenskoste skiet die hoogte in en om die begroting van ouetehuise te laat klop, is hul hoop gevestig op dié wat nog sonder ’n kierie of rolstoel oor die weg kan kom.

Die St. Joseph’s Tehuis vir Bejaardes doen ’n beroep op drawwers en stappers om vanaand (2 September) hul tekkies aan te trek en Ouma en Oupa te ondersteun.
’n 10 km-wedloop en 5 km-pretloop word vanaf die Hervormde Noord-gemeente in Kanonkop aangebied, met die wegspring om 18:30.

Inskrywing kos R100 vir die 10 km en R50 vir die 5 km. Die tehuis nooi deelnemers met die volgende boodskap: “Trek daardie tekkies aan en spring weg in ’n opwindende nagwedloop. Hardloop vir Ouma en Oupa! Nie net kan jy ’n kontantprys wen nie, maar elke deelnemer sal skitter met ’n medalje, terwyl jy St. Joseph’s Tehuis vir Bejaardes ondersteun. Moenie hierdie kans misloop om ’n verskil te maak in ons geliefde bejaardes se lewens nie!”

Vir navrae, skakel Paul Bester by 082 966 7767.

• En as jy nou nie kan draf om vir Ouma en Oupa te help nie, kan jy fietsry.
Op 10 Oktober word die Kragtrap-bergfietswedrenne aangebied ten bate van die Carolina SAVF Tehuis.
Die wedrenne word by Suikerboschfontein gehou met afstande oor 10 km, 30 km en 55 km.
Vir navrae, skakel 079 629 3753.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button