News

Pretorius vonnis weer uitgestel

Corrie Pretorius, die man wat op 15 Junie vanjaar 'n tienerseun by Fat Cake City in Groblersdal aangerand en skuldig gepleit het op die klagtes teen hom, was vandag die hele dag in die hof.

Vonnisoplegging het oor gerol na 27 Januarie na kruisondervraging van Pretorius, asook die seun wat aangerand is se ma en die voorlees van ‘n verslag deur ‘n maatskaplike werker.

Die verslag het onder aangedui dat hy aan bipolêre depressie ly en ‘n gehoorprobleem het.

Die bipolêre depressie veroorsaak soms wisselende buie.

Daar is verder gesê dat hulle ‘n gelukkige gesin is en dat Pretorius ‘n toegewyde pa is.

Tydens sy onlangse pleitooreenkoms het Pretorius skuldig gepleit op ‘n klagte van aanranding met die opset om erstig te beseer.

Hy het ook aangedui dat hy die klagte teen hom verstaan.

* Mnr. Josef van Eeden is Pretorius se prokureur en mnr. Billy Mudhavi tree op vir die staat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button