News

Verdagte drie keer betrap

'n Man is vanoggend vir die derde keer in twee weke se tyd met vermoedelik gesteelde artikels, waaronder stoele, betrap.

‘n Reaksiebeampte van Titon Sekuriteit en Alarms het hom die eerste keer saam met ‘n ander man met vyf stoele in Samora Machelstraat opgemerk.

Sy makker het weg gehardloop met twee van die stoele.

Die drie stoele is later opgeëis deur ‘n onderwyser van HTS Middelburg.

Die stoele is van sy stoep af gesteel.

Is dit jou stoele?

Vroeër die week het dieselfde verdagte weg gehol toe hy Titon Sekuriteit en Alarms se voertuig opmerk.

In die proses het hy ‘n opgerolde tuinslang op ‘n stootkarretjie laat val.

Dit is ook ingehandig by die polisie.

Vanoggend het die reaksielede van Titon besluit genoeg is genoeg en die verdagte laat toesluit toe hy weer opgemerk is met stoele in sy besit.

Hy is gearresteer en aangekla vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

*Die man se naam word nie bekend gemaak nie, omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button