News

Liefdevolle oom Louw oorlede

Die liefdevolle oom Louw Maartens (89) is Sondag na ’n beroerte in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Hy het vir jare in Middelburg gebly en by ’n paar besighede uitgehelp na sy aftrede as stasie-inspekteur.

Elke persoon wat oom Louw geken het, stem saam dat daar nie mooi dinge uitgedink hoef te word om hom te beskryf nie.
Sy lewe het getuig van sagmoedigheid, vrede en vreugde en sy besondere liefde vir sy familie was vir almal duidelik.

Hy en tannie Janet, onder almal bekend as tannie Vinkie, was onafskeidbaar en was sy dood vir haar, hul kinders en kleinkinders ’n groot skok.

•Die gedenkdiens is Saterdag om 13:00 uit die Hervormde Kerk, Moedergemeete in Bhimy Damanestraat.

•Die familie vra dat persone wat die diens wil bywoon om Lizette te laat weet by 084 602 8385, sodat hulle weet hoeveel verversings om gereed te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button