News
Sektor 4 Radiogroep staan inwoners by met radios
Die groep beveg misdaad, veral toenemende diefstalle uit erwe in die woongebiede wat die afgelope ruk 'n reuse toename gehad het.
Die Sektor 4 Radiogroep wat Kanonkop en Dennesig inwoners veilig hou, sal vandag van 08:00 tot 16:00 by Kanonkop Spar beskikbaar wees om inwoners behulpsaam te wees met die instel van tweerigting radios.
Lidmaatskapvorms kan ook voltooi en ingehandig word, vir inwoners wat nog nie lede is nie.
Die Sektor 4 Radiogroep beplan om volgende jaar oor te skakel na ‘n nuwe kanaal, en vandag sal die nuwe frekwensie ingestel word vir toegang tot die nuwe kanaal.
Inwoners word ook genooi om die sektor bestuur en lede te gaan ontmoet.
Die groep beveg misdaad, veral toenemende diefstalle uit erwe in die woongebiede wat die afgelope ruk ‘n reuse toename gehad het.
Slagoffer bystand word ook verleen.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.