News

WAARSKUWING: Kranspoort “onveilig” na trok knipmes

Motoriste word gevra om asseblief die pas stadig in en uit te ry, vir almal se veiligheid.

Sedert omstreeks 19:00 gisteraand, is die Kranspoortpas weer ‘n gevaar-sone vir motoriste, nadat ‘n trok met rolle herwinde plastiek in die poort geknipmes het.

Die trok het dele van sy vrag ook verloor.

Opruimings is tans steeds aan die gang.

Verkeer het die toneel tot omstreeks 02:00 vanmore bevelig, maar tans is daar net inwoners van die omgewing op die toneel wat hulp verleen.

Volgens een van hulle is die situasie baie gevaarlik omdat motoriste aanhou afjaag by die pas, wat die situasie uiters gevaarlik maak vir beide hulpverleners en motoriste.

Daar is tans geen aanduiding wanneer opruiming voltooi sal wees nie.

Motoriste word gevra om asseblief die pas stadig in en uit te ry, vir almal se veiligheid.

Volgens die bron is dit nie waar dat varke in die pas rondhardloop nie.

Die DBV het gisteraand lank na die varke gesoek nadat ‘n waarskuwing op WhatsApp groepe uitgereik is, maar geen varke kon gevind nie.

Die soektog is kort voor middernag afgelas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button