6 000 pakkies in reuse optog uitgedeel
Behoeftige gesinne van Middelburg word aangeraai om nie hierdie week se reuse optog mis te loop nie, wat deur die volgende drie aande deur die dorp se strate gestuur gaan word.

Jaco Brits, eienaar van HMJ Glaasworx & Construction, het die reuse optog van stapel gestuur, en meer as 6 000 pakkies wat van kos en lekkers bestaan, gaan aan die dorp se behoeftiges uitgedeel word.
Die optog gaan Dinsdagaand wegspring en die program lyk soos volg:
Dinsdag: Groepe spring om 17:15 weg by Middelburg Car Radio om Dennesig, Kanonkop en Rivierpark buurtes te besoek.
Woensdag: Spring groepe om selfde tyd en plek weg, om Aerorand, Groenkol en Mineralia te besoek.
Daar sal om 19:00 by AGS Lighuis Gemeente bymekaar gekom word, en behoeftige families word verwelkom om by die groepe aan te sluit.
Donderdagaand: Daar word weer om 17:15 by Middelburg Car Radio weggespring en die groepe sal deur Gholfsig, Clubville, Nasaret en Mhluzi beweeg.