News

6 000 pakkies in reuse optog uitgedeel

Behoeftige gesinne van Middelburg word aangeraai om nie hierdie week se reuse optog mis te loop nie, wat deur die volgende drie aande deur die dorp se strate gestuur gaan word.

Jaco Brits, eienaar van HMJ Glaasworx & Construction, het die reuse optog van stapel gestuur, en meer as 6 000 pakkies wat van kos en lekkers bestaan, gaan aan die dorp se behoeftiges uitgedeel word.

Die optog gaan Dinsdagaand wegspring en die program lyk soos volg:

Dinsdag: Groepe spring om 17:15 weg by Middelburg Car Radio om Dennesig, Kanonkop en Rivierpark buurtes te besoek.

Woensdag: Spring groepe om selfde tyd en plek weg, om Aerorand, Groenkol en Mineralia te besoek.
Daar sal om 19:00 by AGS Lighuis Gemeente bymekaar gekom word, en behoeftige families word verwelkom om by die groepe aan te sluit.

Donderdagaand: Daar word weer om 17:15 by Middelburg Car Radio weggespring en die groepe sal deur Gholfsig, Clubville, Nasaret en Mhluzi beweeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button