News

Hommeltuie ingespan in soektog na driepoot bobbejaan

Hommeltuie word tans ingespan om Aerorand se verdwaalde bobbejaan op te spoor.

Die bobbejaan het net drie pote maar klim en klouter soos ’n Olimpiese gimnas.
Hy beweeg egter spoedig elders sodra inwoners hom gewaar en saamdrom.

Daar sal gekyk word na die moontlikheid om die bobbejaan te pyl en te verwyder.

Die bobbejaan het Vrydag skielik sy opwagting in Clubville gemaak vanwaar hy oor die naweek na Aerorand koers gekry het.

Lees ook: Driepoot kuiergas met swepe deur Kosmospark inwoners verjaag

Hy was op ’n stadium by Kosmospark waar inwoners hom met ’n sweepklap die skrik op die lyf gejaag het.
Die bobbejaan het so geskrik dat hy self die hek na Vryheid by Kosmospark oopgemaak het sê inowners.

Hy word steeds gereeld opgemerk maar sy bewegings verander voortdurend.

Die DBV is gekontak maar die vereniging pyl nie diere nie.

Wyksraadslid Hennie Niemann sê dat hy reeds kontak gemaak het met mense wat kan help om die bobbejaan veilig te verwyder.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button