News

Driepoot kuiergas met swepe deur Kosmospark inwoners verjaag

Die hoop is dat die bobbejaan self sy pad terug veld toe sal vind.

‘n Afpoot bobbejaan het hom oor die naweek heerlik tuisgemaak in Aerorand.

Die bobbejaan met net drie pote was Vrydag die eerste keer in Clubville opgemerk vanwaar hy koers Aerorand toe gevind het.

Wyksraadslid Hennie Niemann vertel dat hy die bobbejaan in Clubville gewaar het toe hy van sy werkers huistoe geneem het Vrydagmiddag.

Saterdag het mnr. Niemann die bobbejaan in sy bure se erf gewaar, waar hy deur elektriese heinings by die gastehuis langs mnr. Niemann se huis na Kosmospark gespring het.

Kosmospark inwoners het die bobbejaan egter verjaag waarna hy van erf na erf gespring en geklouter het.

Hy is onder meer in Gamkastraat, Gouritzstraat en Bergrivierstraat opgemerk.

Die kees was gistermiddag nog in die omgewing waar hy die woongebied se honde omtrent op hol gejaag het.

Die hoop is dat die bobbejaan self sy pad terug veld toe sal vind.

Indien hy ‘n laspos raak, sal hy dalk vankant gemaak moet word.

Mnr. Niemann vra dat inwoners nie die bobbejaan koggel en tart nie, veral kinders wat nou op skoolvakansie is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button