News

Oosstraat inwoners keelvol dat hulle ‘vergeet’ word

Die inwoners van Oosstraat in Sentraal is verby kwaad en voel dat hulle vergeet word as daar by munisipale dienslewering kom.

Maandagaand het ’n groep inwoners, nadat die krag aangekom het na beurtkrag, steeds in stikdonkerte vergader met raadslede Hennie Niemann (koukusleier) en Johan Dyason en wetgewerslid, Bosman Grober.

Die vergadering was in die donker, omdat die ligte in die grootste deel van dié straat al vir hoe lank nie werk nie.

Hul grootste klagtes was egter nie oor die straatligte wat buite werking is nie, maar oor al die ander probleme wat hulle daagliks mee sit.
Dié klagtes sluit onder meer in:

• Drie bordele wat al vir vier jaar openblik bedryf word in die straat, waaraan niks gedoen word nie.
• Huise wat oorbewoon word. Daar is gemeld dat tot 21 mense in huise naby die kollege bly.
• Oorhoofse kragkabels wat aan mekaar en bome raak as die wind waai en “dan lyk soos vuurwerkvertonigns.” Dit lei tot tot ure en selfs dae van kragonderbrekings.
Daar is gemeld dat die munisipaliteit al in 2006 beloof het om die oorhoofse kabels te vervang met ondergrondse kabels.
’n Klein stukkie is gedoen, maar dit is nooit voltooi nie.
• Slaggate “waaraan niks gedoen word nie.”
• Riool wat opgeblok is en in die straat afloop.
•’n Pyp wat al vir meer as twee jaar lek en as dit reën die pad in ’n rivier verander.
• Straatligte wat nie werk nie, wat bydra tot die erge misdaad in die area.
• Verkeerslig op Koets- en Bonkerstraat wat al meer as ses weke buitewerking is.
• Kommunikasieprobleme met die raadslid in hul wyk wat nie terugkom na hulle toe rakende klagtes nie.
• Werkers van die elektriese afdeling wat geepad as die inwoners net vir hulle wil wys waar die kragprobleme is.
• Klagtes dat besighede, soos koerierdienste, wat vanaf woonhuise bedryf word en dan van vroeg in die oggende af die inwoners pla.
• ’n Inwoner van Oosstraat het betaal dat kabels vervang word, sodat inwoners van Brugstraat krag kon kry, omdat die munisipaliteit nie die probleem kon oplos nie.
• Bewyse van ’n dwelmhuis waar dwelmtranksaksies gedoen word.
• Planne van opgraderings by hul huise wat afgekeur word “oor die vloedlyn”, maar die volgende oomblik word ander mense se planne, wat laer as hulle bly, goedgekeur.
• Daar is ook gekla dat ’n nuwe ontwikkeling van woonstelle goedgekeur is, maar dat die rioollyn en ander dienste reeds die nie die huidige druk kan hanteer nie, omdat daar nie opgraderings gedoen is nie.
• Trokke wat in die straat afjaag of in die nagte in die straat, voor die bordeel, stop en waar die trokdrywers dan oorslaap.

Beide raadslede Niemann en Dyason het verduidelik dat hulle geen opdragte aan amptenare kan gee nie, maar dat daar ’n hele proses is wat gevolg moet word.
Hulle het egter beloof dat hulle sal inkyk in al die klagtes en binnekort terugvoer sal gee.

• Mnr. Grobler het gesê dat die inwoners “die sisteem moet verstaan. Ons werk met ’n ANC regering en dat ’n persoon aangestel word op ’n lidmaatskapkaart, nie altyd oor sy kwalifikasies nie. Dit is wat dienslewering lamlê. Mense moet ook besef dat dat net 17 DA raadslede, ’n 30% sitplek, in die raad is. Daar kan net ’n totale verandering kom as daar ’n swaai in die regering kom.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button