Reuse rooikat oorskadu rare Koekoek na karkas op plato ontdek word
’n Karkas op ’n plato het tussen Maandag en Dinsdag vir ’n opspraakwekkende ontdekking, naas die onlangse besoek van ’n Madagaskar Koekoek, gelei.
Voëlliefhebbers sal katliefhebbers vergewe vir hul reaksie op ’n reuse rooikat – “die grootste wat ons nog gesien het,” aldus Kranspoort inwoners – wat op videokamera vasgevang is waar hy terugkeer na ’n vroeëre ribbok vangs.
Die karkas is Maandag vroeg ontdek, waarna videokameras aangebring is by die karkas.
Die bosveld dorpie het sy toerismeroetes ook rondom die karkas gesluit.

Die area het ook luiperds, en daar moes vasgestel word watse karnivoor vir die slagting verantwoordelik was.
Verstommende beeldmateriaal is opgeneem waar die rooikot terugkeer na sy vangs.
Die kort video-greep versprei soos ’n veldbrand onder inwoners en wildsliefhebbers.
Die dorp was onlangs oorval deur besoekers na die aankoms van die Madagaskar Koekoek.
Selfs oorsese toeriste het op die dorp toegesak.
