News

Los bobbejaan met rus sodat hy gepyl kan word

Aerorand se driepoot bobbejaan bevind hom vandag in die weste van Umlaasstraat se omgewing.

Daar word na meniere gekyk om die bobbejaan veilig uit die woonbuurt te verwyder, sonder om hom vankant te maak.

Die beste opsie, volgens wyksraadslid Hennie Niemann, is om die bobbejaan te probeer pyl waar hy insluimer vir die nag.
Deur die dag is hy baie aktief en op soek na kos, wat dit uiters moeilik maak om sy bewegings te volg.

Vanghokke is ’n opsie maar is nie so effektief nie.

Mense word gevra om die bobbejaan nie paniekerig te maak nie, hoe rustiger hy is, hoe beter die kans om hom te pyl.

Die bobbejaan is verlede Vrydag die eerste maal in Clubville opgemerk vanwaar hy Aerorand toe beweeg het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button