News

Wagte op plaas aangeval

Wagte is op ’n wildsplaas in die Elandslaagte omgewing aangeval.

Die aanvallers het Dinsdagaand omstreeks 19:00 toegesak op die wagte, hulle oorrompel en hul huise gestroop.

Na ’n rukkie het nóg rowers opgedaag met ’n trok. Hulle is na die eienaars van die plaas se huise waar hulle álles wat hulle in die hande kon kry, gesteel het.
Van kragopwekkers tot sonpanele, wasmasjiene, drank, klere en selfs beddens.

Nadat hulle alles in die trok gelaai het, het die trok egter net ’n entjie verder in modder vasgeval.
’n Trekker is gaan haal en die trok is uitgesleep.

Lees ook: Skietgeveg tydens plaasaanval

Teen daardie tyd was dit egter al in die middernagtelike ure en het die toesighouer van die wagte ’n draai op die plaas gaan maak.
Die rowers het op hom losgebrand en die geweervuur is beantwoord.

In die oor en weer skietery, het die rowers die aftog geblaas, die trok net daar gelos en die nag in verdwyn.
Niemand is ernstig beseer of raakgeskiet nie

•Die polisie het die trok na die polisiestasie geneem en alle aanduidings is dat die trok ook betrokke kan wees by vorige soortgelyke voorvalle.

Dit is nie duidelik of die voertuig gesteel is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button