News

Oor-en-weer vingers gewys na Sondagoggend Na Die Oes bakleiery

“Daar is tien brandewyne per rondte deur hul tafel bestel, daar is hard gedrink,” sê me. Ferreira.

’n Man is steeds in die hospitaal na ’n vroegoggend vuisgeveg by Na Die Oes Sondagmore kort voor 02:00.

Mnr. Reuben Kitchening is na die aanranding in die Middelburg Hospitaal opgeneem met breinswelling.

Hy het ook kneusplekke reg oor sy lyf opgedoen in die onderonsie.

Oudergewoonte verskil die weergawes van wat eintlik gebeur het hemelsbreed.

Volgens mnr. Kitchener se suster, Olivia Verster, was hy en vriende by die kroeg waar mnr. Kitchening omstreeks 01:00 die oggend, gevra het vir ’n spesifieke liedjie om gespeel te word.

Die eienaar van Na Die Oes, me. Cornel Ferreira, wou die groep egter nie verder bedien of die liedjie speel nie.

Volgens me. Verster het me. Ferreira mnr. Kitchening aan die keel gegryp, waarna haar man Willem, glo by die ondersonsie betrokke geraak het.

Daar is glo ’n syveeg na mnr. Kitchening uitgedeel voordat die bakleiery buite voortgesit is.

Mnr. Ferriera en mnr. Kitchening het buite op die grond beland, sê me. Verster.

Daarna het ’n groep mense mnr. Kitchening getakel, omdat hulle gedink het hy die aggressor was.

Mnr. Kitchening onthou nie veel van die gebeure nie.

• Me. Ferreira sê dat mnr. Kitchening, twee mans en twee vroue wel naby die musiekhokkie gesit het.

Toe laaste rondtes omstreek 01:15 geroep is, het die groep aanhou aandring op drank.

“Ek het vir hulle gesê die laaste rondte is geroep en geen verdere drank sal bedien word nie,” sê me. Ferreira.

Toe een van die mans in die groep aan haar begin hang, het ’n ander kuiergas, genaamd Pieter, glo tussenbeide getree.

“Pieter” is toe glo uit met mnr. Kitchening, terwyl me. Ferreira die deure agter hulle gesluit het.

“Wat buite gebeur het weet ek nie, en ek kan nie verantwoordelikheid daarvoor vat nie,” sê me. Ferreira.

Sy ontken dat sy of mnr. Ferreira in die fisiese bakleiery betrokke was.

“Daar is tien brandewyne per rondte deur hul tafel bestel, daar is hard gedrink,” sê me. Ferreira.

• Mnr. Kitchening kon nog nie formeel ’n verklaring aflê nie, maar sê dat hy klagtes teen die eienaars oorweeg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button