Amora Dierepark se ‘groot trek’ mark
Ry jy hierdie jaar met Jan-Tuisbly se karretjie op vakansie? Dan moet jy beslis 'n draai gaan maak by Amora Dierepark.
Terwyl die res van Middelburg see en wildtuin toe gaan, gaan die ander wat tuisbly groot makietie hou by Amora Dierepark!
Die uitstallers wat by Amora se Kersmark gestaan het, het besluit om die park op 22 en 23 Desember oor te neem!
Die toegang by die hek sal gebruik word om Leah, Charlie, Mickey en al hulle dierevriende te help trek aan die einde van Januarie.
Daar gaan waatlemoenfees en skattejag gehou word en die bloedbank is ook Vrydag by die park.
Stalletjies se staanplek is gratis en enige artikels (buiten kos en drank) kan gebring word.

Daar is meer as genoeg stalletjieruimte en persone wat nog wil plek bespreek, kan Chantel of Zan Mari bel by 072 571 7164 of 073 522 5994.
Toegang is R10 vir besoekers aan die park.

