News

KYK: Elandslaagte laagwaterbruggie in vloed

Die laagwaterbruggie in Kanonkop loop ook al die afgelope twee weke ononderbroke oor weens ’n geweldige toestroom van water uit Middelburg se opvangsgeied, en die sluis wat kort-kort oopgemaak word.

Die laagwaterbruggie op die Elandslaagtepad het heeltemal weg gespoel weens onophoudelike reën en ’n versadigde watertafel.

Dit skep ’n geweldige probleem as alternatiewe roete vir die N11.

Indien daar drama in die Kranspoortpas is, sal padverbruikers Stoffberg moet om Middelburg toe.

Die poort is die efgelope ruk gereeld gesluit weens opruimings na trokongelukke.

Die Elandslaagtepad koppel die Stoffbergpad met die N11.

Die grondpad loop verby Avonturr digby Kranspoort.

Die pad self is ook nie in goeie kondisie nie, waarsku boere.

• Die beskadigde bruggie volg op die hakke van ’n Optimum Myndam wat die vorige naweek oorgeloop het.

Dit het daartoe gelei dat Hendrina daelank sonder krag was omdat die dorpie se kragkabels heeltemal onder water was.

’n Pompstasie wat water na die dorpie lei, was ook onder water, en slegs die dak was sigbaar teen Dinsdag.

Intussen het die water effens gesak en kon Eskom Hendrina se kragtoevoer omstreeks 01:00 vanmore herstel.

Daar word ook meer reën oor die feestydperk voorspel.

• Die laagwaterbruggie in Kanonkop loop ook al die afgelope twee weke ononderbroke oor weens ’n geweldige toestroom van water uit Middelburg se opvangsgeied, en die sluis wat kort-kort oopgemaak word.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button