Met jou R100 lootjie kan jy baba Lisa help
Deur ’n R100 lootjie te koop, kan jy bydra dat ’n fraaie sewemaande oue babadogtertjie gehelp kan word.
“Haar pa wou haar nie hê nie en het gesê ek moet ’n aborsie ondergaan, want hy het ontken dat dit sy kind is.”
Me.Tanya Pretorius het egter besluit om haar baba te hou.
Klein Lisa Mackenzie Pretorius is op 23 Mei hierdie haar gebore met ernstige geboorte abnormaliteite, waaronder dismorfisme.
Me. Pretorius vertel dat Lisa weens die abnormaliteite baie probleme het, soos dat haar ogies swel en sweer. Daarvoor het sy spesiale salf nodig.
Lisa se nekkie hang ook soms na die regterkant en sy kan nie leer sit, kruip of loop soos ander babas nie.
Haar neusie was plat en skeef met geboorte, maar het wel bietjie verbeter. Sy sukkel egter steeds met ernstige sinusprobleme.
Boonop het sy op drie maande begin aanvalle kry, soortgelyk aan epilepsie, en is op kroniese medikasie.
Sy moet dringend brein- en ander skanderings kry en ook gevorderde bloedtoetse om te kyk wat die oorsaak is van die abnormaliteite. Dit moet egter by ‘n privaat instansie gedoen word.
Tanya, ’n enkelouer, het egter nie ’n mediese fonds nie en al het sy ’n BackABuddy-fonds geopen, kort sy nog duisende rande om Lisa te help.
Intussen het Tanya ook verneem dat haar dogtertjie ‘n spesiale stoeltjie, stootkarretjie en badstoeltjie benodig. Dit is nodig om haar nek en rug sterk te maak.
“Ons moet dit alles vir Lisa kry sodat sy ‘n kans op ‘n normale lewe kan hê, maar dit alles kos baie geld wat ek eenvoudig net nie het nie. Ek kyk 24 uur ‘n dag na my kind en het dus nie enige ekstra fondse om haar te help nie.”
Besighede het van haar penarie gehoor en borg pryse waarvoor sy die lootjies verkoop om die fondse te in.
• Eerste prys is ‘n tatoeërsessie ter waarde van R850.
• Tweede prys is ‘n medium ete elke dag vanaf Maandag tot Vrydag.
• Die derde prys is ‘n R300 koopbewys by ‘n naelbesigheid.
• As vierde prys, kan jy elke Vrydag tot die 15de Januarie ‘n gratis vetkoek kry.
• Die persoon wie se naam getrek word vir die vyfde prys, kry ‘n heerlike verjaardagkoek op sy/haar verjaardag.
• ‘n Kerskoek is op die spel vir die sesde prys.
• R300 se biltong word gewen as sewende prys.
Persone wat nog pryse wil borg, bydraes wil maak vir haar mediese kostes (alles is op aanvraag beskikbaar) of lootjies in die hande wil kry, kan Tanya bel by 060 934 4532.
Lootjies is ook beskikbaar by Farmhouse Kitchen.

