News

Drawwers verbly bejaarde harte

Die SAVF Tehuisbestuurder het ’n brief van waardering gestuur aan die Eskom Gijimas.

Bernice du Plessis (bestuurder, SAVF Tehuis vir Bejaardes):

Die SAVF Tehuis het ’n wedloop saam met Eskom Gijimas aangebied.

Dit sou 21km, 10km en 4.9km wedlope gewees het, maar die roete moes verander, omrede die laagwaterbruggie oorgeloop het, en het die 21km na ’n 20km verander.

Paul Bester (voorsitter, Eskom Gijimas) en sy vrou, Johanita, het alles vooraf gereël en die komitee van die Eskom Gijimas Atletiekklub het die dag van die wedloop seker gemaak alles verloop vlot. Van die inskrywings, tyd neem van die persone wat klaarmaak, pryse uitdeel tot die laaste detail.

Ons as tehuis is ongelooflik dankkbaar vir hierdie mense.

Die reëlings is enorm vir so ’n wedloop. Sonder hulle sou die tehuis nooit so iets kon aanbied nie.

Baie dankie aan ieder en elk vir julle harde werk wat julle so onbaatsugtig ten bate van die tehuis gedoen het.

Dankie aan Nashua wat ook ’n waterpunt gehad het en aan Retha Strydom van Bootcamp wat die ander waterpunt behartig het.

SAVF Middelburg Tehuis en SAVF Middelburg Maatskaplike werkkantoor het elkeen ook ’n waterpunt behartig.

Die inwoners het dit só geniet om te kyk hoe die atlete klaarmaak en het lekker hier by die eindpunt gekuier.

Ons as tehuis is dankbaar vir persone soos hierdie komitee wat sonder om te skroom uitgespring het en gehelp het. Dit is ’n toonbeeld van omgee vir jou medemens.

  • Hiermee wil ek graag ook elke SAVF inwoner, ons personeel en die gemeenskap van Middelburg, wat ons dwarsdeur die jaar ondersteun het,  ’n geseënde Kersfees en ’n besonder mooi 2023 toewens. Dankie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button